SMSu2019e vir 4 September 2017
SMSu2019e vir 4 September 2017

SMS’e vir 4 September 2017

Dani Booysen
Die SA Weermag (Walisbaai, Rooikop) het my toegesluit in 1988 November omdat ek gerebelleer het teen die SA verpligte diensplig en grensdienstelsel wat ons onder dwang moes deurmaak. In my geval moes ek teen my eie bloed (Wambo) gaan veg in opdrag van ’n inkommer. – Mutota, Gibeon

Liewe Job, wat is jou “issue” nou eintlik? Jy klink vir my na ’n rassis, Job. Ek hoop ek is verkeerd!

Hy maak vol die Katutura-bussie op pad Noorde toe. Hy is nie “God bless” nie. Ook nie “safe drive” nie, net soos ’n mooi bra. Die mooi, rondborstige, vroulike passasiers is min ge-“spin”. My gedagtes briek by Woollies se mooi onderkleertjies. Dis ge-“pad”, dis gekant, dis “Xtra Large”. Noem maar op. Niks pas nie! Meneer, Bra is vriend: Naby vriend, goeie vriend, man, vrou. Kom ons ly. Ly tate saam? – Oom Peet

Die SA TV-nuus wys die moeder van ’n vierling wat gebore is. Die moeder sê sy het net een probleem en die is dat haar ma vir haar sorg en nou vir die vierling ook sal moet sorg. Kommerwekkend is dat daar geen melding gemaak word van enige man of vaderfiguur in beide haar lewe of die van haar ma nie. – SAP&H

Ek is seker maar dom of heeltemal rigtingbe. . . Waar is 130 km wes van Katima in die noordoostelike hoek van die Zambezistreek?

Geen ontwikkeling vir Rehoboth-Wes vir die vyf jaar wat julle ’n pensioenaris gekies het. Moenie weer dieselfde fout maak nie.

Mrs Erica Beukes your concern over Dungeon remarks. Did you know that we have our brothers, sisters and uncles going missing in the hands of your former master? We don’t know where they are since their brutal arrest by so-called SWATF and Koevoet.

Gochas! Die onderwysers en polisie, julle is die leiers. Bly weg van die sjebien en uit die bome en bosse.

U wat vra is Hage regtig die president. Ek wil u vra: Is u blind en doof? Voor ek u antwoord, ja, Okahandja was ‘n mooi dorp. Ek is daar gebore. Ons eie mense het dit afgebreek na vuilishoop.

Namvet, mnr. JN, julle verdien alles as dit by pensioen van 60 jaar kom. As dokter verklaar u is jonk, maar kan nie werk nie, doen aansoek by ons regering en u sal pesioen kry.

As dit by versoening kom, moet ons betaal en om verskoning vra. Alewig moet ons hoor van die verlede in plaas daarvan om saam te werk aan een Namibië, waar dit nie hoef gesê te word dat slegs voorheen benadeelde persone aansoek hoef te doen vir werk nie.

Liewe Job. Jou uitlating oor wie en wat een van onse mense in onse Afrika is bewys deur en deur jou rassisme teenoor Namibiërs van Europese oorsprong. Ons is vir geslagte gebore in een Afrika onder een son en voor een Heilige God.

There are a lot of hardworking, honest Namibians out there, but if all Namibians could instill a culture of accountability and working towards the common good of all instead of constant stealing and corruption we could be much further on.

Eerstens en laastens aan Job. Ons Westerlinge het ’n mooi gesegde: “Kinders moet gesien word en nie gehoor word nie”. Los grootmensdinge uit.

Ontslape President Mandela was vir mense en nie vir hul kleurskema nie. Baie pateties dat ’n enige hedendaagse leier nog na “wit” verwys. Van swart leser.

Swakopmund inwoners, as julle wil sien hoe lyk slegte strate, kom kyk Tsumeb s’n.

Geagte President Hage Geingob. Hartseer Namibiër vra. Hoekom na 27 jaar word daar gesê die oud-SAP- en –Koevoet-, -SWATF- en -SAW-lede in Namibië sal nooit erkenning kry as vegters vir Namibië nie of enige vergoeding betaal word nie? Hoekom word hulle erken as belastingbetalers? Sal daar ’n terugbetaling wees, sodat die erkende Nam-vegters dan alleen belasting betaal? Hoekom nog steeds vinger wys. Is ons dan nie een land en een Namibiese nasie nie?

Donkievleis, nee dankie! Dis vir my ’n Bybelse dier.

Ai, Republikein! Afrikaanse of Namlish-koerant? Het julle nie meer proeflesers? Wat beteken “oordentlike” hout te koop of 2 “Milkkoie” te koop?

Ek wil graag aan ’n sekere meneer, die bestuurder van ’n Nissan dubbelkajuitbakkie met registrasiemerk OJ, wat op 31 Augustus die pad tussen Prosperita en Pupkewitz Megatech gebruik het sê: Ek en my passasiers kon vanoggend lekker lag vir jou optrede. Jy het jou vanoggend baie ongeskik gedra. Ek sou graag wou weet wat die rede was dat jy my met vingergebare begroet het. Volgende keer as ek jou tot sulke optrede dryf, moenie middelvinger wys en wegjaag nie. Nee, staan, dan praat ons ’n bietjie.

Joos Platt dankie vir gesprek oor President se boodskap rondom oud-Koevoet en weermaglede. Ek haal jou aan. “Gebruik die regte platform om die president aan te vat. Ek dink julle moet hom vergewe, stenig die persoon wat sy toesprake skryf. Ons president het net die toespraak afgelees. Die president het die verkeerde platform gebruik. Moenie dieselfde foute as hy maak nie.”

Ek ken nie vir Joos Platt of sy aartsvyand nie, maar is genoeg nou tog nie genoeg nie? Ek dink jy is vrek jaloers op Joos. Josy, jy is seker ’n agtermekaar, dienswillige en pligsgetroue man en dalk eerlik. Tiep top mense hou nie van sulke mense nie. Hou moed, word sterker en bid. God is goed en al. Ai je.

Jy wat met Joos aangaan, gaan kerk toe en maak skoon jou brein. Bid vir jouself, gaan kerk toe en vergewe vir Joos. Etse.

Rehoboth se rassisme groei stadig maar seker. Daar was ook spanne uit Blok E en dan het ‘n sekere span ‘n etniese benaming.

Last week two important meetings took place. First ELCRN's synod in Keetmanshoop and the launch of the inquiry into alleged war crimes against Swapo in exile. There are two senior spiritual leaders. If Yvonne Boois is investigated by ACC for alleged corrupt activities involving her family, the Dep. Bishop of ELCRN should also be investigated. On Swapo Dungeons Bishop Kameeta knows. When the Parents Committee raised the issue with the church he was in ELCRN and the Swapo leadership. Church did nothing, has failed Namibian society till today. Disappointed.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!