SMS'e vir 5 Julie 2016
Inderdaad, die man op straat word net armer. Weet nie wat kan of wil CoW bereik met hul prysverhogings nie. Sal dit beteken dat ons water van iewers af kry en elektrisiteit ook van iewers af gaan kry? Erfbelasting ook op terwyl ander mense aandring op gratis grond? CoW, kry julle huis in orde, want hier kom groot moles.
Windhoek se inwoners, my ingesluit, sal ons regtig net sit en niks doen omtrent daai onbevoegde leke by die munisipaliteit se houding en besluite om alles duurder te maak sonder enige insae vanaf die publiek? Kom ek verseker u nou hierdie nonsens sal nie met ons bure in SA gebeur het nie, hulle sou gemarch het. A nee a, wat te erg is, is te erg. Brothers and sisters laat ons opstaan en iets doen, ek kan dit nie alleen doen nie, maar is nou keelvol.
Ek’s ’n 62-jarige gestremde. 22 jaar gewerk totdat gebou ontoeganklik geword het. Voedselbank is edel gedagte, maar lui mense sal dit misbruik. Hoekom opstaan en werk as ek gratis kos kry?
16,7% kragskok op pad. Maar net vir die eerlike, wetsgehoorsame, pligsgetroue en geregistreerde gebruiker. Die wat nie kan of wil nie of gebruik maak van onwettige aansluitings, betaal niks. As die eerlike, geregistreerde verbruiker sal en MOET, moet dit mos ook vir die res geld? – SAP&H
Me. Tjongarero roskam Tisan se sewes spanbestuur. Swak om die minste te sê. Dit nogal op ’n openbare manier. Vat liewer daai hopelose bestuur van die Nasionale Sportkommissie vas wat nie hulle mandaat uitoefen nie. Ten minste probeer rugby nog sonder staatshulp soos sokker. – Robbie
U wat sê die N$20 000 wat president elke maand van sy salaris sal afdeel, is te min: Watter van die 2 voormalige presidente het dit gedoen? – Great uncle, Rehoboth
Ollie slaan die alkoholsubkultuur-spyker op sy kop, veral met verwysing na die talle spesiale drankprysaanbiedinge in aanloop tot die onlangse Vadersdag wat opvallend was. Die sakdoek- en kouskultuur was onskuldig, goedkoper en veiliger. Dit beur dus onvermoeid na bo, want ons word aangemoedig om te “gebruik” en te “geniet” net jammer ten koste van. – Hester
Geen wonder sokker in die land is waar dit vandag is nie. NFA gee niks om vir kleiner ligas wat die voedingsbron van topliga is nie. Rukoro en span te lank in NSV en alles gaan net agtertoe. Sokker besig om stadige dood te dood.
Kospakkies kan maar voorbehoed ook insluit. Werklose pa met 11 kinders?
Kan die Namibiese rugbykeurders ook asb. ’n draai kom maak in die Suide? Dis wel net eerste liga rugby, maar die Suide sit met ’n vrag talent en nog baie jonk. Die ouens sal dit regtig baie waardeer.
Og, ek is baie bly omdat ek vandag se radionuus in Damara/Nama om agtuur gehoor het, dat minister van grond gepraat het oor buitelanders wat plase het in ons land. Die buitelander koop plase en jaag ons wat 20 jare by plase is uit. Dit was goeie nuus daai. Minister Nujoma, u werk baie goed vir ons plaasmense. Ek weet daar is baie mense wat nou teen minister sal staan. Want hul staan al teen ons. Dink tog bietjie hoeveel jare sit nou ons president? Is dit omdat hy Damara is of hoe?
Wil net vir die mense van Groot Aub wat na 19:00 water kry, sê prys die Here. Hier in Oshakati-lokasie was water laas Junie in ons krane. Dis die gepeupel wat vir die mense gestem het, wat vandag so swaar kry.
Skaam my dood dat ’n dorp wat 90 persent grondpaaie het, nie ’n skraper het nie. Rehoboth Town Council, persoonlik dink ek julle is pateties. Daar is geen vordering in dorp nie. Dink julle almal moet weg.
My kinders se pa is plein sleg. Ek wil weet hoekom het mans soveel regte wat nie hulle kinders onderhou nie?
Rehoboth-plaasboere wat veewagters so verniel, moet bietjie skool kry oor arbeidswette van ons land. Ontsteld. – Veewagter, Rehoboth
Baie dankie kaptein McNab dat u Rehoboth Gebiet beskerm. Dit is ons Basters se erfdeel. Ons word beskerm deur die Grondwet en deur UN. Lank lewe die Bastervolk. – Basterseun
Ek het ’n linker onder-die-knie-amputasie gehad en is by die staatshospitaal op ’n waglys vir ’n kunsbeen. Ek het 2 kunsbene persent gekry en soek iemand wat dit kan verstel om te pas. Ek het geen mediese fonds nie. Is daar dalk iemand wat kan help? Byvoorbaat dank.
Ek stem saam met u. Kom ons SWATF en Koevoet, dis net die hof wat onse Harambee-regering se oë kan oopmaak dat hulle kan sien hulle het ons uitgesluit uit die Namibiese “huis”.
Liewe /Gaio-daman, ons is moeg van jul verwarrende geskiedenis. Ons ouers en grootouers het reeds in die Waterberg-omgewing gewoon en gesterf. (1) Aro-daman was die oorspronklike Damara-groep wat die Waterberg-omgewing bewoon het. Ek beveel julle aan om terug te keer na julle oorspronklike en belangrikste geskiedenis van #kanubes (die huidige Okanjande) nie Waterberg nie. (2) Ugovan: Hierdie benaming is eintlik net van toepassing op een groot familie wat vir hulle in twee groepe verdeel het: Een in die oostelike omgewing van Waterberg en die ander in die westelike omgewing. Die oostelike groep (Otjiwana tjokoutjiro) met Herero- vanne en die westelike groep (Otjiwana tjokongorova dra Damara-vanne, albei is Damara/ Herero sprekende families en stam uit! Hoon stam-hui. (3) My eie ouma is gebore by Waterberg-sendingstasie. Sy was gebore op 18 Mei 1880.
Baie dankie aan Tony van Spar vir wat u aan my gestremde kind gegee het, dit het sy hartjie bly gemaak. God seën u.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie