SMS'e vir 5 Maart 2020
". . . alles wat voorkom . . ."
Ja, daar is niks so afskuwelik soos mense wat alles wat voorkom bekrap nie. Rotse langs die paaie, klippe, geboue waarop gekrap word. Vandalisme! Is dit al hoe jy jouself kan laat geld? Vat daardie voorwerp waarmee jy krap en skryf op jou voorkop.
Dit is hoogtyd dat al die korrupte en onbevoegde amptenare van Keetmanshoop munisipaliteit begin aan die pen ry. Hulle het lank genoeg mense soos honde behandel en in poste gesit waarvoor hulle nie kwalifiseer nie. Laat geregtigheid geskied.
Ek stem met rente op lenings. Dis skokkend, maar dit sê mos spyt kom te laat. Amen. - Pensioenaris, Senior Park
NamPost kan trots wees dat hulle mnr. Jan Claasen as posmeester in sy posisie het. Op 18 Januarie 2020 is die possakke van Air Namibia in Frankfurt afgelaai. Skielik kon die possakke nie meer opgespoor word nie. Geen terugvoering is gedoen dat die possakke ontvang is nie. Mnr. Jan Claasen het baie professioneel opgetree en met sy ontsettende geduld en deursettingsvermoë dit reggekry om die verantwoordelike persone op te spoor en seker te maak dat hulle die possakke moet vind, die pos registreer en aanstuur. Ons pakkie is gelukkig na vyf weke onversteurd ontvang. Opregte dank aan mnr. Jan Claasen vir al u ekstra moeite. U is ’n goeie voorbeeld om ’n uitstekende diens aan die publik te lewer. Dankbare kliënte.
Katrina in die parlement. Wonder maar net?
Vyftien bokke op 'n slag. Glo my kamma jakkals. Daar in die Noorde is my bokke spoorloos weg en ook 5 skape.
Vriend Twakkie word as die uitvaagsel uitgekryt. Vriend Proppie word egter nie aangeraak nie. Ek slat my vrou en kenders, vloek almal wat my teëgaan se ma. Ek soek my kos elke aand warm as ek by die huis kom, anders loop almal deur. Ek loop kaal op my werf rond oor naweke as my span speel en vloek die wat durf praat, maar ek is ’n goeie oukie want ek gebruik nie vir Twakkie. - SAP&H
Ag, liewe Vader. Sal die persoon wat so aanhoudend in die koerant kerm oor hoe mense op Robert Mugabe Avenue ry om vadersnaam ophou. Ry tog maar ’n ander pad as mense jou so pla.
Op pad werk toe op Tsumeb het ’n voertuig nou in die middel van die pad voor my gestop om met iemand te gesels langs die pad en net daarna kom ’n taxi aan die verkeerde kant van die pad van die poskantoor af om die draai, sodat hy sy passasier voor die veearts kan aflaai. Almal ry soos hul wil!
Geagte Republikein-lesers. Ek weet dis nie die regte plek om te vra nie, maar dalk is daar iemand daar buite wat my kan help. Ek wil graag begin onderwys studeer, maar sukkel om die registrasiefooi bymekaar te kry. Ek wil net probeer om vir my ’n beter toekoms te skep. As daar dalk iemand is wat kan help, bel of SMS my gerus op 081 289 3218. Byvoorbaat dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie