SMS'e vir 6 Julie 2017
“...op die doofpot lys moes wees,...”
Dit is nie net in Avis wat houtkappers die natuur beroof en vernietig nie. Op die pad by Brakwater en op pad na Elisenheim word bome ook links en regs verniel en afgekap. Binnekort het ons nie meer een boom in die omgewing van Windhoek oor nie. Dan is alles hier ook uitgeroei. Mense verteer alles rondom hulle maar niks word ooit teruggeploeg nie. Die kortsigtigheid word nêrens gestop nie, daarom gaan dit net voort.
Ai tog, wat 'n goue hart het die man van Australië net nie. Ek hoop sy doel met sy staptog vir geld insamel om armoede hok te slaan, word reg verstaan en ook vir daai doel gebruik. Ek het veral ook aan ons inwoners of landsgenote van die verre Suide gedink, wat soms dink hoekom die deel maar nie onder Suid-Afrika geval het nie as gevolg van die behandeling wat ons kry. Mnr. Matt Napier, kyk op na bo en onder sal God vir u voete sorg en lei en sterkte bied. Ek bid vir u en u gesin vir wat u-hulle besig is om te doen. Van 'n trotse leser op Kalabaai, ons eie Karasburg.
Etse! Kasupi, hoekom verkrag jy so jou gewete? Jy bly dan ook in Blok A. Jy weet van alles wat by dorpsraad gebeur, moenie nou onskuldig pleit nie. Praat tog eenkeer die waarheid. Kommentaar op voorblad van gister se koerant.
Wat is Rehoboth se inwoners se storie? Staan op vir julle regte! Wat se lamsakigheid is dit met julle? Ruk op na die kantore en gaan eis julle dienste waarvoor julle betaal. As ek daar gebly het, sal ek die rioolwater in hul kantore gaan smyt het. Staan op en staan saam en gaan betoog. Moenie net sit en praat nie.
So gehoop die ouderdomspensioen gaan op, soos belowe. Bly stagnant op N$1 100.
Ek was so elf jaar oud toe ek in die aand besluit het ek maak droë vrugte. Ek het net een appel gehad, maar dit geskil en onder my bed in 'n bord gesit. My sustertjie het langs my bed op 'n matras gelê. Toe ek die oggend opstaan, is die bord leeg. Ek het my sustertjie die skuld gegee, maar sy het afgestry. Ek was kwaad vir haar vir twee dae, maar vandag – na 40 jaar – onthou ek dit kon die muise gewees het. Vergewe sustertjie met 'n groot smile. Lag sommer hard, jy weet klaar wie dit is.
Iewers is daar grooooooot fout in ons land. Staatspasiënte met kanker word teruggestuur sonder medikasie, want daar is nie. Kinders se ouers slaan vuis aan die kus om 'n plekkie vir hulle kinders in 'n skool te kry. Dit is fundamentele regte van Namibiërs waarin die staat ons faal. Waarvoor word elke paar jaar sensusse gedoen? Seker om jou somme te doen vir die toekoms wat aanbetref hoeveel skole ekstra moet gebou word. Sewe-en-twintig jaar onafhanklik en nog geen ekstra skool by die kus gebou nie? Ag nee, man.
Ek is maar net nog 'n persoon wat kla oor die ministerie van binnelandse sake in die noordelike industriële area, Windhoek. Magteloosheid en hartseer is maar van die gevoelens wat jy moet trotseer as jy wil aansoek doen vir 'n nuwe ID. Jy kom daar en sien rye en rye mense sit en almal wag. Niemand weet of hy regtig in die regte ry is of hoe lank dit gaan neem. Na 'n uur staan ons maar op en loop. Ons is almal deel van 'n werk, jy moet tyd van jou werk afvat om daar te gaan sit vir 2, 3 tot 4 ure en jy weet nie of jy regtig gehelp gaan word nie. Dit is maar een van die noodsaaklike instansies wat moet diens lewer in ons land. As ons nie eens 'n diens aan ons mense kan lewer nie, wat gaan van ons land word? Ek is maar een van die 100 mense wat daar moedeloos gesit het. Waar gaan ek hulp kry? Waar?
Baie jare lank het NBC op Sondagoggende eredienste uitgesaai en nou doen Kanaal 7 dit op dieselfde tyd. Dis ietwat van 'n tameletjie vir party van ons wat die dienste gevolg het. Kan Kanaal 7 nie maar sy erediens skuif na 07:30 nie? Sê maar net.
Hier in Usakos, Erongosig word die water gelees, maar die watermeter se glas is vaal. Jy kan nie die nommers sien nie, maar kry elke maand die rekening. Wonder net.
Terugblik deur Anoniem op 5 Julie ("Wat is werklik in 27 jaar bereik?"). Stem volkome saam. U het net vir Air Namibia, wat eerste op die doofpotlys moes wees, vergeet.
Who does the Truth and Justice Committee represent? With whom did they discuss? CCN failed the Ex Detainees. Let the Ex Detainees defend themselves. Why does the GRN not take up the issue of the Ex Detainees? President Geingob never responded to several calls by them to clear the air so the Namibian Nation can reconcile. President Geingob, the only way forward is for you to call the Ex Detainees and solve this sensitive issue once and for all. I pray you will wake up one morning and let us solve this issue. Your predecessors failed and we pray you won't. – Ex Swapo Lubango Dungeons Detainee
My niggie moet 'n heupoperasie kry. Sy het by die staat aansoek gedoen vir dit, maar daar is nie plek om dit vir haar te doen nie. Sy verduur baie pyn. Ek wil tog vra of daar nie 'n dokter of iemand is wat haar kan help nie. Asseblief, ons vra mooi. Ons het nie geld om 'n privaat operasie te doen nie.
Die Hugenote koor se opvoering was 'n puik belewenis, treffend en vol woema. Beslis 'n uitvoering met oemf. Kan dit beslis aanbeveel.
Wil net vandag aan 'n wonderlike en dierbare held en respekvolle persoon, mnr. Johan van Advance Travel Tours, sê baie dankie. – Reinhart
Raad vir asma, probeer Cabbanoid olie. Google vir inligting.
Die meisie by H van Wyk-slaghuis met die mooiste maniere, dankie vir jou vriendelike, flinke diens wat jy lewer. Dis 'n plesier om daar te koop. Hou so aan!
As jul wil sien hoe BESPAAR munisipaliteit krag, kyk hoeveel kantoorligte brand in aand/nag. En sommer vele ander instansies ook. Daar is geen SPAARmentaliteit nie. So ook met water se vermorsing.
Jy wat sê die saak het twee kante, wel, die saak het twee kante, maar hoe op aarde kan 'n groot man 'n minderjarige kind so aanrand? Asseblief! Dit is nie familiesaak nie. Volgens die Grondwet van Namibië, Artikel 8, mag niemand blootgestel word aan geweld of slanery nie. Dis nie 'n kerksaak of familiesaak, maar 'n grondwetlike saak.
Die Fisch dame van Perfek Skoene Keetmanshoop. Ek persoonlik lees baie en sien jy hou omtrent Perfek Skoene winkel se naam hoog. Ek is baie lief om skoene daar te gaan koop. Dankie vir jou goeie diens wat jy vir ons jou kliënte gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie