SMS'e vir 6 Julie 2020
". . . hulle se huise . . ."
Aborsie is nie regtig die antwoord nie. Maak liewer voorbehoed verpligtend onder toesig, sodat dit wel toegedien word, dan kos dit die land minder en jong meisies se lewens is nie in gevaar nie en hulle kan op 'n ouer ouderdom kinders kry.
"Adoption is an option", Republikein, Vrydag 3 Julie 2020. Weet julle deur watter stres gaan jy om ’n kind aan te neem, veral as dit in Rehoboth gedoen word. Almal by daardie kantore is onprofessioneel, dit lyk die kantore is hulle se huise, hulle vergeet hulle is public servants. Die kantore behoort aan die publiek. Die enigste dame van Gender, Selma, is uitstekend in haar werk en dit help nie om by die Ombudsman te kla nie. Ek praat uit eerstehandse ondervinding.
Kolebranders word aangeraai om net op ’n veilige, sentrale punt op hul plase kole te brand vir die volgende vier maande weens die goot brandgevaar.
Dis merkbaar dat daar groot bekommernis is en omsigtigheid rondom volle, kontakrugby. Inderdaad met reg. Sal dit nie liewer raadsaam wees om die 2020-seisoen op te skort as om halfpad damage control te doen nie? Te veel persoonlike en ander redes moet in ag geneem word. Vlak 4 van grendeltyd is nie nou die tyd nie. Langtermyn beplanning en koelkoppe word vereis. - Robbie Thompson
Ek kom by die garage aan en sê ek soek ’n mousterkar. Goed, watse fabrikaat, vra die verkoopsman? Nou met corona word net gesê soveel en soveel gevalle in Erongo, Khomas ens. ens. Daar word nie gesê soveel wit gevalle, bruin, geel, swart of hoeveel watter kleurgetalle ookal nie? Hoekom bly dit gesig- en rasloos, net nommers en getalle? Skande voor my se Priester. - Bruin Jan
Is daar enigsins ’n swakker departement van die staat as die Ministry of Finance (MOF) se Windhoek-afdeling? Hoekom gee julle telefoonnommers uit as letterlik niemand die telefone antwoord nie? Waar is die toesighouers? By KFC? Mediocrity is the death of this nation.
Ek kan nie meer nie. Hoekom moet pensioenarisse so baie betaal vir erfbelasting? Het koopkrag, maar water bly N$3 000. Hulle sê dit is die erfbelasting wat bykom. Help!
Ongelukkige pensioenaris. Reeds in Februarie geregistreer vir oumenstoelae en tot hede geen reaksie. Corona word blameer. Enigiemand wat kan help? Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie