SMS'e vir 6 Julie 2021
"Nog nooit ..."
Kasikile-eiland van Caprivi/Zambezi was die 1ste grondgebied wat ons moes afstaan aan Botswana as gevolg van 'n onbeholpe GRN-regsman by 'n internasionale hofsaak, toe volg die skietvoorvalle met lewensverlies by die rivier met Grootman wat see no evil, hear no evil speel. Weereens is dit Botswana wat koning kraai. Besit ons nog uraan - of is die ook weggeteken? Toe volg Fishrot, Army Rot en vele ander en om jou toevlug te neem na die howe toe teen die staat? Vra vir dr P. Itula en LPM oor die uitslag van die kamma onafhanklike regbank? Jy sal baie ver gaan water drink - dis hul wêreld. Stry?
Myns insiens moet die regering 'n moratorium plaas op die invoer van die beesmedisyne ivermektin. Daar is baie ander bosluismedisyne wat boere kan gebruik. Nie net grootmense drink die bosluismedisyne nie, maar kinders word ook die medisyne gevoer deur onverantwoordelike ouers.
Nog nooit was daar 'n tyd in die wêreldgeskiedenis waar gewone mense méér geweet het van wetenskaplike navorsing, medisyne en vaksiens nie! Elke Piet, Paul en Klaas verseker jou dat hulle bewyse het van die entstowwe se bose oorsprong. "There is no poverty quite like ignorance..."
7 jaar gelede het ek aansoek gedoen om my erf te vergroot vorentoe omdat dit skuins loop. Ek bly langs ’n rivier en wil graag ’n muur bou. Daar het op hede nog net 2 mense komentaar gelewer en dit moet 9 mense wees . Wil graag weet wat die oponthoud is. Werk die ander sewe mense dan nie?
Afrox, baie dankie wat julle doen om die land te voorsien van suurstof, julle werk dag en nag die Here sal julle seën. Ek sien julle is nie op die essential lys van verskaffers nie, maar die besighede wat nie suurstof het nie is op die lys. Hou aan met die goeie diens.
Graag wil ek sê die foto's in amper elke uitgawe is soms die enigste vreugdepunt in die koerant, énige koerant for that matter. Dit is ‘n féés! Dankie. En dankie julle hou vol, al is die nuus en geld skraal. – Elize

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie