SMS'e vir 7 Oktober 2016
SMS'e vir 7 Oktober 2016

SMS'e vir 7 Oktober 2016

“Nou staan dit bekend as Lego City.”
Gerine Hoff
Aan Windhoek-munisipaliteit. As inligting beperk word, dan groei korrupsie lekker welig. As jou boeke skoon is, wat wil jy wegsteek? Erg bekommerd!

Dankie Bruce Salt - jy is tops!

Swakopmund en wolkekrabbers. Met Brad Pitt en Angelina Jolie se episode by Langstrand is die plek as ’n “concrete jungle” beskryf. Nou staan dit bekend as “Lego City”. Dit is wat wolkekrabbers aan ons mooi, eenvoudige kuslyn gaan doen. ’n Wêreldwye bespotting van ons eenvoud en oormaat ruimte. Beperk geboue slegs tot 2 vlakke en brei verder uit deur groter erwe beskikbaar te stel. Of is ’n “Lego City” tog te mooi in die sak? Besin asb. voor u optree.

Graag wil ek ’n stuiwer gooi by die brief “Moenie met ons taal mors nie”. Wat die van in Nama betref, is dit nie korrek om die van of naam ’n manlike of vroulike vorm te gee nie. Geen ander taal doen dit nie. So laat ons van daardie tradisie afsien waar die van van die vroutjie in vroulike vorm uitgespreek word. Dit kom veral voor in die Damara-gemeenskap se vanne en is nie reg nie. Die van by die Namas verander nie volgens geslag nie. Goliath. Isaacks, Fredericks, Christiaans, en so kan ons aangaan. “So I rest my case”.

Air Namibia, I would like to know what happened to the passenger buses that were bought for millions to transport passengers from and to airplanes? Please answer to Republikein SMSs 51500 so that we all know.

Daar is duisende mense wat baie moeite doen om die ongerepte natuur in die uithoeke van Namibië te besoek en dit te waardeer. Kaokoland is een van hierdie uitgestrekte natuurwonders. Waarom word ons natuur daar so geskend deur in die mooi vlaktes en besondere plekke nou ’n mensgemaakte gedaante in die vorm van ’n klipman daar oral te plaas? Stop dit tog asb.

Taalpuris se weergawe van Khoe-khoegowab is bloot ’n streektaal en geensins die standaard nie. Inteendeel, hy verkrag die taal, wat ironies is. Ten minste erken hy darem die regte naam van die taal aangesien daar geen taal bestaan wat Damara, Damara/Nama of Nama/Damara heet nie. Khoe-khoegowab is Namataal in ander woorde.

Onderwysers moet net onthou as hulle nie aandring op hul regverdige salarisverhogings nie, gaan hulle pensioentjie in hul werkleeftyd eendag so klein wees dat hulle nie munisipaliteite se voortdurende stygende “property tax” sal kan betaal nie.

Onderwysstaking: Wat wil jy? Julle kos ouers en kinders geld. Gaan werk toe. Ek werk vir staat en is met 4 persent tevrede. Mnr. die President, “fire” almal wat wil staak.

Met respek president Geingob, ’n regering wat sy rug draai op ’n boer wat bydra tot die ekonomie, belasting betaal en werk skep, wat alles verloor het deur die staat se toedoen, maar terselfdertyd N$11 miljoen bewillig vir die sogenaamde Swapo “struggle kids” om ’n kunsmatige vrede te skep, is beslis nie gesond nie. Hierdie ding het ’n manier om sy kop telkemale uit te steek op verskillende maniere. Die regering durf nie toelaat dat hy gyselaar gehou word deur ’n politieke party nie. Kunsmatige vrede en voorspoed is soos om ’n wolkekrabber sonder fondament te probeer oprig.

Abes, ek “Great Uncle”, staan 110 persent agter jou, want ek self is ook benadeel met die erwe.

Waarom moet daar ge-“strike” word? Waarom kan “government” en Nantu nie om ’n tafel sit en die saak oplos nie? In die middel is ons arme kinders wat daaronder ly omdat al twee partye te hardkoppig is om na mekaar te luister. Aan die einde van die dag moet een van die partye tog ingee en hoeveel skade is dan gedoen aan die kind? Hoërskole sowel as primêre skole is besig met die laaste afronding van hulle sillabusse en werkskemas. Ons almal ly daar onder. Ouers van Namibië, kom ons bid saam dat daar ’n oplossing kom voor die “strike” begin. Gebed dra krag.

Speelparke: Hoekom word die skoonmaak uitgekontrakteer? Hoekom stel die munisipaliteit nie sy eie skoonmakers aan nie, dan moet hulle self sorg dat hulle hulle werk doen soos dit in vroeër jare was. Maar nee, is mos makliker om te sê die kontrakteur . . . Maar ons betaal elke maand.

Liewe landsburgers, onse regering verwag van ons om met aftrede te gaan op die ouderdom van 60 jaar, dan kwalifiseer jy vir oumens-pensioen. Dieselfde regering sê in die Arbeidswet jy kwalifiseer nie vir “severance pay” nie, want dis eers geldig op ouderdom 65 jaar. Kortliks, ’n week se salaris vir elke jaar gewerk. Die 2 wette “contradict” hulself, want dis net ons politieke leiers wat kwalifiseer vir “severance pay”, want hulle ouderdomme het geen aftrede nie. “Labour ministry”, w/unies, regering, het die Namibiese werker uitverkoop. Ek praat uit ondervinding. “S.S. Fund” herdoop na “S.S. Commission” is ’n bodemlose put. Na aftrede is die werker nes ’n “used condom - tossed away”.

Henriette Silvestri het haar paspoort verloor. As u dit vind, kontak asseblief 081 256 0183.

Elke verkiesing word kiesers deur dieselfde regering teleurgestel, dan probeer stem hulle weer in Facebook-briewe en SMS’e. Dit spreek boekdele. Soos ’n mishandelde vrou wat telkens aangerand word en maar terugkeer omrede sy geen ander heenkome het nie. So is die Namibiese stemgeregtigde. Ons is polities bankrot. In ander wêrelddele word kandidate soos onderklere vervang. Maar by ons? “Till death do us part” – Axaro

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!