SMS'e vir 8 Augustus 2018
SMS'e vir 8 Augustus 2018

SMS'e vir 8 Augustus 2018

“. . .sal jou raad en daad mis. . .”
Dani Booysen
Regter Shafimana Ueitele verdien alle eer en respek vir sy opregte kritiek teen die ministerie van binnelandse sake se totale onbevoegdheid. Sulke kriminele handelinge eindig meestal in ons geregshowe, waar ons regters weer teen groot koste die kuttels uit die drinkwater moet verwyder. Dankie regter!



Bill Adams was 'n spreekwoordelike reus in plaaslike sport en veral bekend vir sy administratiewe bydrae en ondersteuning vir Khomasdal se sportsoorte. Sy voorliefde vir, en uitleef van 'n gesonde leefstyl was daar vir almal om te sien. Rugby was sonder twyfel sy gunstelingsport en Western Suburbs RK na aan sy hart. Ons sal jou raad en daad mis. Rus sag Uncle Bill. Van die Oudstes van Suburbs.



CoW word wakker! Die belangrike 80 km/u-padteken op die lughawepad net oos van die gevaarlike draai in Avis is al +2 jaar gelede omgery en nog nooit vervang nie. A nee a! Julle stel mense se lewens in gevaar!



Onervare personeel by mediese store aldus minister Bernard Haufiku. Onervare, onopgeleide immigrasiebeamptes volgens Nehemia Nghishekwa, immigrasiehoof. Lyk my mense gaan gratis skool toe maar dis als verniet.



Die president moet ondersoek instel na al die werksvisums wat gegee word. Dis belaglik! Terwyl Namibiërs werkloos sit met kwalifikasies. Maak dit sin?



Terwyl die NaCC besig is met die ondersoeke in die taxibedryf kan hulle sommer ook kyk wat aangaan tussen versekeringmaatskappye en sekere besighede se eksklusiewe kontrakte.



Justice Training Centre by Unam is 'n absolute klug. Klasse moes begin April begin het, maar het eers middel Mei begin. Dosente onvoorbereid en daag nie op vir klas. Klasrooster en eksamenrooster maand terug eers uitgegee. Nog steeds geen studiemateriaal beskikbaar. 2017 se JTC-regsstudente se vraestelle nog nie eers gemerk. JTC studiekostes N$30 000. Waarheen gaan daai geld? Law Society trek net skouers op en sê hulle kan nie help nie. Lede van Board of Legal Education nooit beskikbaar of op kantoor nie. Geen wonder die regstelsel in Namibië is 'n absolute sirkus nie wat oorheers word deur onbevoegde regspraktisyns. Board of Legal Education, gaan leer in SA as julle wil sien hoe 'n regsskool suksesvol aangebied kan word.



6.5% verhoging op voertuie wat meer as 3 500 kg weeg vanaf 1 Mei 2018. Ry die vragmotors net op teerpaaie? Hanteer dieselfde kantoor eise vir skade aan dié voertuie as gevolg van slegte grondpaaie? Word alle faktore in ag geneem voor finale, afgedwonge besluite?



“TransNamib: Weet julle waar al jul eiendom is?” Stem 100% saam met die persoon. Ook 21 jaar lank vir TransNamib gewerk. Bring terug “Spories” se trots soos baie jare terug.



CoW pensioenaris van P/park. Hoe werk watertariewe? Betaal N$5 630 vir 56 kl water per maand. Normale, pragtige tuin. Dis al waarvoor ek lewe. drieslaapkamerhuis. Rek. N$7 520 per maand. Hoe moet ek oorleef?



wonder net. Werkers staak aanmekaar en stel eise totdat besighede bankrot is en hulle deure sluit. Wie gaan dan vir die ekswerkers sorg?



Hoekom moet daar altyd 'n rasseprobleem wees as daar iets verkeerd gaan? Byvoorbeeld oor die Shoprite-staking? Meneer/mevrou wat sê jy is nie 'n rassis nie, ek dink jy moet groot asseblief na jouself gaan kyk en weer dink. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Namibië is al 28 jaar onafhanklik, maar nog steeds kry witmense die skuld. Raak moeg daarvoor. Van 'n wit persoon.



Dankie mnr. President vir u ondersteuning vir Shoprite-werkers. Winkelreuse weet werk is skaars en daarom word werkers so sleg behandel.



Go Shoprite/Checkers! Ek ondersteun julle 100% in julle regseis teen die werkers. En ek sal aanhou om my groceries by julle takke te koop. Êrens moet 'n streep getrek word met werkers wat doen net wat hulle wil en wegkom daarmee. Wat is die doel van wette as dit nie toegepas mag word nie? Of is wetstoepassing net van toepassing op 'n sekere gedeelte van die Namibiese bevolking? Viva Shoprite/Checkers!



Jo-Maré, ek was half flou by die einde van jou rubriek so goed was dit geskryf. Pragtig. - Norman Kotze



Karin Eloff “Sê maar net” jy is my inspirasie. Hou so aan met jou skrywe. Dis so reguit en interessant om te lees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!