SMS'e vir 8 Oktober 2019
SMS'e vir 8 Oktober 2019

SMS'e vir 8 Oktober 2019

". . . net vir 'n minuut of twee . . ."
Mandy Rittmann
Wat het die skou se vuurwerkvertoning te doen met droogte? Hou op kleinlik wees. Ons kry almal die boere bitter jammer. My hart bloei vir hulle. Jy wil ’n bietjie geluk en vreugde wegvat van al die swaarkry en stres. Almal sien uit na die vuurwerkvertoning, om hulle aandag net vir ’n minuut of twee van die droogte en swaarkry af te lei. Ek voel dit is baie ongevraagde woorde.

Rommelstatus: Druk op uitgawes. Hoekom moes regering nog honderde skoonmakersposte vul? Dit was ’n manier om te spaar. Skoonmakers lê en staan rond en is ’n driekwart van die dag op die foon. Die Vader weet!

Kom agter die befaamde SA skrywer Dana Snyman begin nou ook deesdae die voetewas-jammersê-motortjie ry tot die se koeler begin kook. Wat ’n jammerte dat realiteit so buigsaam geraak het. – SAP&H

Ek dink Afrikaanse letterkundiges draai in hul grafte om, as ’n mens hoor hoe die taal gemors word. Die “a” is nou ’n “ô”, soos my “mô het ook ’n strandhuis op Hentiesbôi”.

MultiChoice, julle speel met ons kat en muis, ons wat nie die duur kanaal kan bekostig nie. Ons wil ook rugby kyk. Los julle se streke. Julle borg dan net sokker. Gee ons kanaal 221 asseblief.

Ons het droogte, daar is waterskaarste en CoW vra dat ons water spaar! Maar mense spoel hulle erwe skoon en daardie vuil water loop dan gerieflikheidshalwe in die buurman se erf in. Hulle slaan geen ag of jy hulle vra om dit nie te doen nie. Het ons nie genoeg hepatitis E gevalle in die laaste tyd gehad nie? Ek hou my erf skoon, maar ek moet aanvaar dat hulle erf se vuil water in my erf loop! Waar is die regverdigheid?CoW was by my, maar daar word niks aan gedoen nie! Ek soek raad asseblief!

Die Republikein moet stopgesit word om moord, doodslag, verkragtings, roof, korrupsie, bedrog en alle negatiewe artikels en dade te publiseer. Ons leef in ’n pragtige, vreedsame land waarin negatiewe artikels jou herinner aan die ou, veragtelike koloniale tydperk. - Hercie Bason

Lyk my elke naweek is daar nou een of ander busongeluk met skoolkinders. Skool outings moet gestop word, want jou kind gaan dalk nie weer lewend terugkom nie.

Pop-up festival op United-sportvelde gehou Saterdag. Geen respek vir die mense wat rondom bly nie. Dronknes tot drie-uur in die oggend.

Namibiese rugbyspan het alles gegee teen Nieu-Zeeland en kan ten spyte van die groot punteverskil steeds trots voel op hul poging. Kom ons hou duime vas dat hulle met so ’n poging Kanada kan klop.

Die vraag is onlangs gevra hoekom die Amerikaanse ambassade ’n Amerikaanse argitek aangestel het vir die ontwerp van hul nuwe ambassade in Windhoek. Ek sê dankie tog! Windhoek kan nie nog ’n swart, steenkoolkleur, maagwerkgroen monstrositeit bekostig nie!

Nuwe wiele. Baie goed loop verkeerd in Swakop. Ons verkeerslede ry dronk met hulle private kare, staan met groot glase rond voor nagklubs. Wat gaan aan in Swakopmund? Iemand sal moet intree in Swakop traffic law.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!