SMS'e vir 9 Augustus 2016
SMS'e vir 9 Augustus 2016

SMS'e vir 9 Augustus 2016

Gerine Hoff
Ek is bevrees dat baie kleiner besighede eenvoudig nie ekonomies volhoubaar sal wees en sal moet sluit indien NEEEB soos dit nou blyk te wees, ingestel word. Ook maak dit bv. geen sin dat die bestuur van besighede in die hande van leke oorgegee moet word nie. Dit stuur af op ’n ekonomiese ramp.

NEEEB. Ja, me. Dausab, as die skoen aan die ander voet gewees het, sou u natuurlik ’n ander deuntjie gesing het. As dit nie rassisties is nie, hoekom is dit dan net op wit besighede van toepassing? Of weet u maar bloot net nie mooi wat die woord of begrip beteken nie? Jane.

Nee, kanaal is nie ’n doodsakker nie. Maak dit net toe en maak dit klaar, want ’n pyplyn sal te veel pompe nodig hê.

Ja-nee, Suid-Afrikaners het wawyd wakker geskrik uit die droom wat deur die ANC geskep is. Gaan ons in Namibia ook wakker skrik of gaan ons maar aanhou om belasting te betaal op al hoe meer dinge sodat die werklose massas verniet gevoed kan word? As die sogenaamde NEEEB in plek gestel word, gaan die tou om ons nekke ons heeltemal verwurg.

Die Stad Windhoek het dit goed geag om hul databasis te ontleed om te bepaal hoe hulle huishoudings aangeslaan het vir betalings. Dit kan slegs bepaal word deur gebruik te maak van ’n "begin-" en 'n "eind-" lesing. Mense wat self lesings ingee se lesings sou op 'n drie maandelikse basis gemonitor word deur CoW meterlesers. Honderde huishoudings het nou ongelooflik hoë rekeninge gekry omdat hulle skynbaar die munisipaliteit te min betaal het sedert 2014. Hierdie praktyk moet teengestaan word in die hooggeregshof. Die CoW beskik nie oor die lesings wat hulle sou gebruik het om te kon bepaal of hulle onderbetaal was vanaf 2014 tot 2016 nie. 'n Prokureur kan ons help om die wanpraktyk uit te daag. Please join - let's stop this exploitation.

When we started our business a few years ago, we started with no funds and one jobless and unskilled employee. As the businesses grew, we employed more and more jobless, unskilled persons. They were trained and as their skills developed, their salary was raised. Over the years these employees became - how they call themselves - "man met naam". Most of them now own a vehicle. Should we close down our business because of NEEEB? Then all of these "man met naam" will be nameless and on the street again.

Waar kan ek vir "mature age" graad 10 registreer

As jy na pryse van retirement villages kyk wonder jy waar sal pensioenarisse die soort geld kry om die aftreeoorde se behuising te kan bekostig? Penthouse vir N$2 063 500?

Wat het cllr Christ al gedoen? Nooit op kantoor! Ons weet wat het ons in Diergaardt gesien - nooit weg gewys nie. Ons wag antwoord.

Ek hoop GIPF is so goed en betaal ons voor die 26 Augustus-langnaweek uit. Dankie dierbares.

Kies tussen Jack the Ripper en Gert van Rooyen? Dis hoe die USA se verkiesing vir my lyk en vorder - D de Melker

Hoekom word die dinge wat so verkeerd loop in Gibeon nie reg ondersoek nie? Die CEO bly elke week uit kantoor, ons hoor en sien baie dinge wat aangaan. Goverment self sê Gibeon is ’n politieke plekkie. Nee, die CEO kom en vat en maak hulle mae net vol, maar niks gebeur nie. Goverment, tree in asb.

Ek wil antwoord gee op SMS van Vrydag 5 Aug: Mense van Reho, jul sal nooit tevrede wees met jul cllr nie. Los vir Diergaardt uit. Hy het baie mense se harte bly gemaak. En hy doen dit nou nog. Wees tevrede met wat julle het en moet nie vinger wys nie, want dit wys terug.

Kan iemand vir my sê waar begrawe die Moslems hulle afgestorwenes in Windhoek en word dit goedgekeur om so ’n begrafnis in die stad te doen?

Ek is bekommerd oor die toestand van minibusse en busse van die llKharas onderwyskantoor, veral die patetiese toestand van die wiele. Die busse vervoer kinders en onderwysers. Wat 'n gevaarlike lewensrisiko is dit nie? Direkteur van onderwys in die streek, doen asb. iets daar aan. Praat die persoon in beheer van transport aan voor ons met lewensverliese en gestremde kinders en onderwysers opgeskeep sit!

Die ouer wat brief oor seks in toilet by skool geskryf het, waarom nie saak met skoolhoof bespreek nie? Het u dit gesien of is dit weer ’n hoorstorie? Moenie onse skool en onse skoolhoof in ’n slegte lig wil stel nie. Mnr. Denk jy is die beste.

Jan R. Can you remember some 35 years ago when your father was the non-white farm foreman on my grandparents farm? You were about 10 years old! Your father was allowed to keep his own livestock on the farm. Can you remember how his livestock increased while our livestock was just not fertile? Can you remember how you ran away from school time and again and how we had to drop you there every Sunday? We tried to explain to you the necessity of receiving a good education and still you kept staying out of school! I cannot help but wonder are you one of the PDP's when you had all the opportunities 35 years ago?

Ek is baie ongelukkig oor die RHB kliniek. Ons kom sit al van 4 uur af daar en as jy eendag ingaan, dan is daar kaarte voor jou, maar jy was die 1ste mens daar. Die skoonmakers weet nie hoe om met die groot mense te praat nie. Dan moet mens nog vir die susters wag tot hulle eendag kla hulle goed praat of goed op ’n laptop kyk.

Ministry of Finance, please get your house in order. You are more than pathetic. What a shame.

Ek bly in Blok D naby Puma. Ek bel al 2 weke vir Rehoboth Town Council om ’n waterpyp reg te gaan maak wat lek in die straat. Die dag as dit bars, sal Town Council wakker skrik. Die water is reeds ’n skaarste in Namibië.

Nampost, kan dit wees by so ’n groot organisasie? Hoe lank moet jy werk dat jy die dag as jy afgaan, erkenning kan kry of geld dit net in sekere distrikte van die land? Het vir 30 + jare diens gedoen, nie eens ’n dankie of totsiens nie!

'n Tydjie terug was daar geskryf oor 'n sekere drywer van die llKharas onderwyskantoor. Nou ja, dit lyk asof die betrokke drywer nie brieke het nie en die slag is dit onderwysers en kantoorpersoneel wat onder sy venynige bombastiese gedrag moes deurloop. Die drywer het al 'n werker tydens 'n sporttoer disnis geslaan. Volgende is seker die kinders en onnies. Het 'n voëltjie hoor fluit dat selfs die direkteur en hoof van HR onder die betrokke drywer se houding en arrogansie moes deurloop.

’n Mens hoor elke dag van die tekort aan skole, nou hoekom word bestaande skole toegemaak? Ek praat van die pragtige plaasskooltjie op die plaas Kanobib.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!