SMS'e vir 9 Augustus 2017
“Niks Net mooi niks!”
Ons het ook 'n groot vragmotor. Ons moet vir RA 42 sent per km betaal vir die padgebruik deur die jaar. Grondpaaie is haglik. Waarvoor betaal ons? Dan praat ek nog nie eers van lisensiegeld van meer as
N$30 000 per jaar.
"Te min geld briek onderwys". Geagte Minister, ons kinders ly geweldig daaronder! Tot datum nog geen handboeke ontvang vir graad 8 en kinders moet van swak afskrifte werk! Wetenskapeksperimente moet tuis sonder leiding gedoen word. So wat baat opvoeding sonder goeie onderwysers wat nog 'n passie het? Niks. Net mooi niks! Ons kinders word gefaal, daagliks!
Arme minister Hanse-Himarwa. Nou moet die Vriende van Onderwys-inisiatief kom help met haar hartverskeurende probleme. Dit terwyl multi miljoene vermors word op 'n gebou vir die NSFAF in Eros. Dieselfde minister gaan nog in 'n swart ampsmotor opdaag om die gebou amptelik te open. Prioriteite!
As die regering so besorg is oor Zimbabwe, hoekom stuur hulle nie die argitekte China toe nie? Nou benadeel hulle ons eie mense. Onthou net plaaslike beroepslui is die gans wat die belastingeiers lê.
Die wat hulle nou "stamp duty fees" aftrek is sommer nonsins. Ek betaal genoeg belasting deur die jaar nou wil julle nog geld vat. Is oor julle weer nie met geld kan werk die dat ons weer moet inbetaal. Wat is volgende om af te trek?
Dit is so in die geaardheid van ons leiers om korrupsie te pleeg dat nou dat die sente nie meer so baie is om te neem nie, nou is dit sommer die vrystelling van Zimbabwiese argitekte - die land wat nou die dag betrokke was in die SME Bank sage, maar korrupsie sal ons pleeg. Ek sê maar net.
Dis darem maklik vir mense om klippe te gooi na Swartbooi omdat die man 'n besluit geneem het, maar jy sal vind dat dit soms mense is wie voordeel trek uit die huidige regering of mense wie liewer sal toesien dat ander landsburgers van armoede sal vergaan. Dit spreek egter boekdele, want dit wil voorkom asof jy liewers nie moet praat oor die verkeerde dinge nie. Hoelank moet ons nog die mond hou en swyg?
While the registration number of that NDF vehicle is available I doubt whether there will be any action taken by either the Defence Force or the Police. I was an eyewitness in Rehoboth where the NDF was involved in a motor accident caused by their arrogance. They chased the traffic police away and the driver of the other car had to flee for his life. My question is are members of the defense force above the the law?
Hierdie is seker grap van die jaar! Terwyl vele Namibiese argitekfirmas hulle deure sluit as gevolg van geen betaling deur die staat, word nege-en-twintig Zimbabwiërs as argitekte geregistreer. Is dit hoe ons na ons eie mense kyk? Of gaan julle hulle net minder betaal?
Die grondpad vanaf Rehoboth oor Klein-Aub na Bullsport is net so haglik. Ek sê maar net.
Daar was Vrydag 4 Augustus 'n groot “hoo-ha” gemaak van verskerpte polisiëring op die land se paaie. En ja, met my rit Vrydagnamiddag na die Noorde was daar verskeie padblokkades op die pad. Maar weereens blyk dit net leë woorde te wees, want met my terugrit Sondag na Windhoek was daar nie sig van 'n enkele polisieman of -vrou nie. Die twee wat by die padblokkade naby Windhoek op die stoele sit-lê en motors met 'n slaparm deur wuif kan nie getel word nie. Wat vereis word van die polisie is konstante, streng optrede. Nie 'n eenmalige optrede gepaardgaande met 'n vreeslike fanfare nie. Dan bly al die skelms tuis. Elke ongelisensieërde motor en bestuurder op die pad, elke dronk bestuurder en elke roekelose bestuurder kan voor die deur van die polisie geplaas word. As die polisie hul werk doen, sal sulke oortredings nie moontlik wees nie.
Strydkinders! Julle werk word deur Chinese gevat, nie die toeriste nie. Julle veroorsaak net groter “struggle” vir julle en ons almal.
Wil tog net weet die nuwe oorplaaitjie vir kleinvee, is dit net wanneer die vee vendusie toe gaan?
Die SMS gedateer 4 Augustus 2017 oor superryk sportvissermanne verwys. Hoekom moet ons mense mekaar altyd byt of beledig?Wanneer gaan ons saamstaan. Wat vir die een goed is, is tog ook vir die ander een. Is ons dan nie maar almal net Namibiërs nie?
Ek het Vrydag 28 Augustus City Police se “dog control”-eenheid gebel om my bure se honde wat nooit ophou blaf nie en ook gedurig in die straat is, te rapporteer. 'n Konstabel het my later teruggebel en my gevra of ek 'n oplossing het. Sal dit waardeer indien iemand vir my en City Police 'n oplossing het.
As Dr. Moses tog net bietjie verder kon dink, kon hy geen visserman kwaad maak nie. Verkoop net 100 robbe teen 1 500 dollar aan Chinese en die vispermit teen 150 per maand. Dan hoef daar ook nie donkies geslag te word, want hulle het sommer velle ook vir medisyne.
Minister van behuising! Kom kyk asseblief hoe lyk Walvisbaai se nuwe uitbreiding van Getos asseblief. Vat die huise terug van die eienaars wat Getos gebou het. En waar pas die groot blou "bar" in die nuwe woonbuurt, nog langs die kerk?
If I was the law I would have arrested the Chief Investigator in the case of the 3.5 billion Chinese case if the accused Chinaman really died as alleged. Where are the world corruption rating agencies now? Tomorrow they will tell the world that there is no corruption in Namibia. Who is fooling who? Something about the whole saga is very very FISHY!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie