SMS'e vir 9 Januarie 2019
SMS'e vir 9 Januarie 2019

SMS'e vir 9 Januarie 2019

". . . smeek maar net . . ."
Mandy Rittmann
Here, leer ons om mense langs die pad te help, laat bekommernis help niks nie. Ek treur saam! - Cllr G Tjombe

Die vragmotors ry te na aan mekaar. Ek kry talle van hulle wat reg agter mekaar ry, soms drie tot vier agter mekaar. Somtyds wil die een wat 82 km/h ry die een voor hom wat 81 km/h ry verbysteek. Hulle moet ook aangevat word oor hulle binne stedelike gebiede te vinnig ry. Hulle kom somtyds Tsumeb ingejaag dat die stof staan.

Is daar nie ’n plan om droogtehulpvoer wat aan boere verskaf word waar die reënneerslae so goed was na die Karasburg-omgewing te verskuif nie, sodat alle boere in dié omgewing voordeel daar uit kan trek? Ons wat uitgesluit word, is besig om ons diere by die dag te verloor, veral in die Suide, Warmbad-omgewing. Ek smeek maar net.

Nog ’n kind sterf op Aranos as gevolg van honger, koue, reën en ondervoeding, terwyl droogtehulpkos weggebêre word vir verkiesingstyd. ’n Huis is jare terug aangewys deur die regering om sulke kinders te huisves, maar die streeksraadslid beman die huis in plaas van om kinders te huisves en borge te soek vir die voeding van sulke kinders.

Ek stem saam met die leser. Die gemengde honde en katte in Hentiesbaai word net so stief behandel, met geen respek teenoor die dierekinders nie.

Ons soek N$12 taxi's vir oumense se pay-dag op Stampriet. Ons arme ou mense betaal N$120 van die huis tot by die poskantoor en terug.

Ons was laasjaar in Hentiesbaai en die jaar weer. Laasjaar het ons geskryf oor die huisname van Henties wat aan die verdwyn is. Ai mense, Hentiesbaai was nog al die jare bekend vir visvang en sy unieke huisname. Wat is verkeerd? Hentiesbaai is nie meer dieselfde daarsonder nie! - Chris, Uitenhaag

Ek wil net weet van die hoof van City Police. Ek het op 22 Desember 2019 en weer op 4 Januarie 2020 vier keer City Police gebel oor my man wat gewelddadig is en my en die kinders rond jaag. City Police sê hulle is op pad. Hulle het nog nooit opgedaag nie. So jy moet dood lê, dan kom hulle eers. Dit is onaanvaarbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!