Soldate onthoof 40 polisielede
Soldate onthoof 40 polisielede

Soldate onthoof 40 polisielede

Henriette Lamprecht
Burgerlike soldate in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) het sowat 40 polisielede onthoof.

Die BBC berig plaaslike owerhede sê soldate van die Kamwina Nsapu-groep het die polisiekonvooi Vrydag in die sentrale Kasai-provinsie aangeval.

Die lede was onderweg van Tshikapa in die Kasai-distrik na Kananga, die hoofstad in die Lulua-provinsie.

Ses van die polisielede is glo bevry. Die staatsgoewerneur, Alexis Nkande Myopompa, het gesê die gebeure word nou ondersoek.

Die onrus in Kasai het in Augustus verlede jaar begin toe veiligheidsmagte die leier van die Kamwina Nsapu-groep, Jean-Pierre Pandi, vermoor het. Volgens die Verenigde Nasies (VN) is 400 mense sedertdien in die Kasai-gebied vermoor en 200 000 ontwortel.

Pandi is vermoor twee maande nadat die Kamwina Nsapu-groep gevra het hy moet erken word as die amptelike leier in die gebied en dat staatsliggame hulle daar moet onttrek.

Volgens die VN het hulle al tien massagrafte geïdentifiseer waar mense wat tydens die onrus vermoor is, begrawe is. Daar is vermoedelik nog sewe ander massagrafte.

Twee VN-kundiges, een van die VSA en een van Swede, is twee weke gelede saam met vier Kongolese kollegas ontvoer en word steeds vermis.

Die DRK is polities toenemend onseker terwyl pres. Joseph Kabila steeds in sy amp is, al het sy termyn reeds in Desember verlede jaar geëindig.

’n Verkiesing sal voor die einde van die jaar gehou word, maar ’n datum is nog nie bepaal nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!