Soldate van Niger en Amerika doodgeskiet
Soldate van Niger en Amerika doodgeskiet

Soldate van Niger en Amerika doodgeskiet

'n Nuwe filiaal van die Islamitiese Staat het Woensdag aanvalle in Niger uitgevoer.
NAMPA
Vyf soldate van Niger en drie lede van die Amerikaanse spesiale magte, wat as die Green Berets bekend staan, is doodgeskiet nadat hulle in ’n hinderlaag gelei is.

Twee Amerikaanse soldate is in die voorval gewond terwyl die soldate Woensdag saam in die suidweste van Niger op patrollie was.

Niger en Amerika het die voorval bevestig, wat sowat 200 km noord van die hoofstad, Niamey, plaasgevind het, berig die New York Times.

Hulle was in ’n gebied waar lede van die terreurgroepe Al-Kaïda en Islamitiese Staat (IS) aktief is, berig Reuters.

’n Bron uit die diplomatieke korps het aan Reuters gesê die aanvallers was van Mali.

Die Green Berets is volgens die BBC ontplooi om Niger se weermag met opleiding te help om Islamitiese militante in die streek te beveg.

Volgens CNN word die gewonde soldate na Duitsland geneem vir behandeling.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel het die aanval aan Radio France International (RFI) bevestig en sê die dodelike hinderlaag het naby Niger se grens met Mali voorgekom.

Amerika se pres. Donald Trump is telefonies van die voorval ingelig deur die Withuis se stafhoof, John Kelly.

RFI het berig dat ‘n teenoffensief aan die gang is.

Afrika-veiligheidsmagte wat deur Westerse troepe ondersteun word, is besig om optrede teen djihadiste te verskerp, wat toenemend streekinsurgensies in die arm, ylbewoonde woestynagtige gebiede van die Sahel uitvoer.

‘n Relatief nuwe militante groep, bekend as ’n filiaal van IS in die groter Sahara, het aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar.

Geoff D. Porter, hoof van die Noord-Afrika Risiko-konsultasie, sê enige bevestiging van IS se rol in Woensdag se aanval sal tot ‘n strategiese verskuiwing van Libië na die Sahel-strook lei, wat van Senegal tot Tsjad strek.

“Die klem sal nou suid verskuif,” het hy gesê.

Die Amerikaanse Afrika-bevel het honderde soldate in die gebied ontplooi, asook ‘n lug-eenheid in Agadez, en bied opleiding en ondersteuning aan Niger se weermag in onder meer die insameling van intelligensie en waarneming. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!