Solidariteit steun verkoop van Saldanha-fabriek
Solidariteit steun verkoop van Saldanha-fabriek

Solidariteit steun verkoop van Saldanha-fabriek

Francois Williams – Die vakbond Solidariteit het die staalgroep ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) aangeraai om wel sy Saldanha-aanleg te verkoop om honderde werkgeleenthede te red.

“Solidariteit is ten sterkste gekant teen die sluiting van die aanleg. Alle moontlikhede om die aanleg te red moet ondersoek word en die sluiting daarvan moet ten alle koste verhoed word,” sê Willie Venter, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris vir die metaal- en ingenieursbedryf.

Amsa het in November aangekondig hy wil die Saldanha-staalfabriek in die eerste kwartaal van 2020 sluit.

“Die omvang van die beplande werkverlies deur Amsa sal katastrofies wees, nie net vir die werknemers en kontrakteurs wat by die aanleg werk nie, maar ook vir hul gesinne en die groter gemeenskap. Die invloed is enorm en sal ’n negatiewe uitwerking op die breër ekonomie van die Wes-Kaap hê,” sê Venter.

As Amsa geen oplossing vind om die aanleg te laat voortbestaan nie, moet hy die aanbod om dit te verkoop ernstig oorweeg, sê Venter.

“Alles moet gedoen word om werksekerheid en volhoubare inkomste te verseker.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!