Sonder hoër produksie geen groei, sê LPO
Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het verlede week sy jaarlikse beplanningsvergadering gehou.
Sonder die verhoging van vleisproduksie in Namibië in kommunale en kommersiële gebiede kan die vleisbedryf nie ekonomies groei nie.
Daarom het die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) tydens sy beplanningsvergadering verlede week in Windhoek oor strategieë gepraat waarop produksie verhoog kan word.
Een van die opsies is om die dieregesondheidstatus van die noordelike kommunale gebiede (NCA) sodanig te verbeter dat daardie diere ingesluit kan word by die hoofstroombemarking suid van die veterinêre kordonheining (of rooilyn).
Dr. Alex Toto, private veeartsenykonsultant met 'n goeie agtergrond van die land se dieregesondheidstatus en internasionale handel, het sy idees hieroor met die vergadering bespreek.
Hy meen die oprigting van 'n heining tussen Angola en Namibië soos die regering beoog, is nie 'n opsie nie vanweë die gevestigde praktyke waarop weiveld weerskante van die grens benut word, sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy nuusbrief.
Toto se aanbeveling is dat sones geskep moet word wat vry verklaar word van bek-en-klouseer (BKS).
Die LPO is in die lig hiervan besig om na strategieë te kyk ter ondersteuning van hierdie proses, berig die NLU.
Aangesien 60-70% van speenkalwers wat bemark word uit die kommunale sektor kom, is daar ook besin oor strategieë om meer waarde in hierdie sektor toe te voeg.
PRYSVERHOUDING
Dit behels meganismes om speenkalwers in die land te hou, maar sal slegs lewensvatbaar wees indien die prysverhouding tussen speenkalwers en slagbeeste gunstiger is.
Die LPO sê dit is daarom belangrik dat abattoirs 'n mededingende prys betaal en pleks daarvan om beperkinge te oorweeg, moet daar eerder na aanmoedigingsplanne gekyk word om speenkalwers binnnelands te hou.
Verder sal die uitvoerende raad van die NLU saam met die vleisbedryf ook kommunale produsente se kommer oor onvoldoende toegang tot die nasionale bemarkingskanale ondersoek.
Laastens gaan maniere ook ondersoek word om die kwaliteit van speenkalwers in die kommunale sektor te verbeter, lui die nuusbrief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie