Sonder ore en feite
Sonder ore en feite

Sonder ore en feite

Dani Booysen
Dani Booysen - In protes teen die regering se onlangse versoek om 29 Zimbabwiese argitekte en bourekenaars van die vereistes van professionele registrasie in Namibië vry te stel, is meer as 300 getuigskrifte van plaaslike kundiges in hierdie velde aan die ministerie van werke en vervoer oorhandig.

Hierdie persone is werkloos of dien tans in ander poste.

Soos al te dikwels was 'n bohaai opnuut nodig voordat die regering moes insien dat kundiges in die beroep, hul verteenwoordigende liggame en werklose gegradueerdes die reg het om gehoor te word.

Sulke gesprekke behoort vooraf te geskied. Dit was nie nodig dat die kwessie op die kabinet se agenda moes beland nie.

Die ongelukkige indruk vir inwoners is opnuut dat diegene in leiersposisies ondeursigtige en ondeurdagte besluite neem sonder dat hulle noodwendig bewus van alle feite is.

'n Samewerkingsooreenkoms met Zimbabwe kan gegewe die ooraanbod in hierdie velde nie die bepalende faktor wees nie – tensy dit om blinde lojaliteit aan die Mugabe-regime gaan. Dit laat 'n mens selfs erger ril.

Almal moet saam met minister Tjekero Tweya stem dat xenofobie of vreemdelingevrees nie onnodig aangeblaas moet word nie. Dit is egter nie die kern van die saak nie.

Vaardighede kan nie aanhoudend ingevoer word wanneer plaaslike mense die werk kan doen nie. Die argument dat hierdie Zimbabwiërs glo hier is om Namibiërs op te lei – sonder die nodige plaaslike akkreditasie – klink na 'n mislukte weerligafleier. Dit maak geen sin as daar honderde werkloses is nie.



So sê ander

22 Augustus 2017



Nederland blijft achter in verscherpte bewaking



De firma Engelen uit Limburg, gespecialiseerd in wegversperringen, ziet de vraag naar betonblokken, plantenbakken van kunststof en cement en verzinkbare paaltjes flink stijgen.

De meeste bestellingen komen niet uit Nederland, maar uit België en Duitsland. In onze buurlanden, maar ook in een land als Australië, zijn autoriteiten volop bezig voorzieningen te treffen om het publiek tegen eventuele aanslagen te beschermen.

De passieve houding van stadsbestuurders wordt onderschreven door terreurdeskundigen die komen aanzetten met de dooddoener “dat een deel van de samenleving eenvoudig niet te beveiligen valt”.

Dat laatste zal niemand ontkennen, maar het is nog geen reden met de armen over elkaar af te wachten totdat ook bij ons de eerste slachtoffers van een aanslag op het plaveisel liggen.

• DE VOLKSKRANT

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!