Soos goud bewaar
Die swartrenosters in die Kunenestreek is die laaste vrylopende swartrenosters ter wêreld en alles word in die stryd gewerp om hulle te beskerm.
Tanja Bause - Daar's 'n goudmyn en 'n trust in Namibië wat hul gewig in goud werd is.
B2Gold Namibia se Otjikoto-goudmyn buite Otjiwarongo ondersteun die bewaring van die swartrenoster in die Kunenestreek al die afgelope drie jaar met skenkings van meer as N$1 miljoen per jaar aan die Save the Rhino Trust (SRT).
Die SRT het dus in drie jaar meer as N$3 miljoen van B2Gold ontvang, wat hulle die grootste plaaslike skenker aan dié trust maak.
Mnr. Clive Johnson, B2Gold se president en uitvoerende beampte, het Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp onlangs saam met sy vrou, Christene, besoek om homself van die SRT en hul werkers, insluitende die bewaarders en spoorsnyers, se werk te vergewis.
“Dit is 'n spesiale deel van die wêreld en die werk wat die SRT doen om 'n bedreigde spesie te bewaar, is ongelooflik belangrik. B2Gold is 'n verantwoordelike mynmaatskappy, daarom het ons besluit om die SRT te ondersteun. Die mynbedryf word altyd daarvan beskuldig dat hulle mense en hulpbronne uitbuit. Ons glo daaraan om in mense en Moeder Aarde terug te ploeg,” het Johnson gesê.
Volgens hom is B2Gold se waardes op die Kanadese kultuur van regverdigheid, respek en aanspreeklikheid geskoei.
Mnr. Mark Dawe, besturende direkteur van B2Gold Namibia, het gesê deur hul skenkings word nie net die renoster bewaar nie, maar die gemeenskap baat ook daarby.
In 2013 is 24 renosters in dié streek gestroop.
“Dit was die SRT se donkerste uur. Ons het baie renosters in een jaar verloor en wilde gerugte is versprei dat van ons werkers onder die stropers was. Baie van ons skenkers het onttrek. Toe ons vriende die nodigste gehad het, het B2Gold ons gehelp. Die geld het ons gehelp om ons aktiwiteite aan te pas, te versterk, te verskerp en uit te brei,” het mnr. Rob Moffet, 'n SRT-raadslid, gesê.
“Die swartrenosters in die Kunenestreek is die laaste vrylopende swartrenosters ter wêreld en ons moet alles doen om hulle te beskerm,” het hy gesê.
Die SRT is in 1982, in samewerking met die gemeenskappe van die Kunenestreek, gestig. Aanvanklik was dit om die afname in die renosterbevolking in die 70's en 80's te monitor. In dié dekades is 95% van alle renosters in Afrika gestroop.
In die laaste drie dekades het die bevolking met 'n jaarlikse gemiddelde groei van 4 tot 5% toegeneem. Dít te danke aan die samewerking tussen die ministerie van die omgewing en toerisme (MET), bewaringsgebiede, lede van die gemeenskap en ander vennote.
Van olifante tot renosters
Volgens mnr. Simson Uri-Khob, uitvoerende beampte van die SRT, het me. Blythe Loutit, een van die stigters van die SRT, se voertuig een Sondag in die veld gebreek en was sy gestrand.
“Ek is 'n gekwalifiseerde elektrisiën en het ook sweiswerk gedoen. Die mense het na my toe gekom en nadat ons die voertuig na my huis toe gesleep het, het ek die onderstel herstel.”
Loutit het 'n paar jaar later 'n nuwe voertuig gekoop en Uri-Khob het tralies gemaak en op die voertuig aangebring.
Hierna het Loutit hom gevra of hy opsigter wou wees oor 'n bouspan wat besig was om mure om watertenks en damme te bou om mense teen woestynaangepaste olifante te beskerm.
“Dit was my eerste ontmoeting met woestynaangepaste olifante. Ek het vir Cynthia Moss leer ken, wat besig was om 'n fliek oor die olifante te maak en sy het my uitgenooi om Kenia toe te gaan en met olifante daar te gaan werk,” het Uri-Khob gesê.
In 1979 is hy vir opleiding Kenia toe en met sy terugkoms het hy bewaringsgebiede se wildbewaarders opgelei. Hier het hy met swartrenosters in aanraking gekom.
Uri-Khob was deel van die span wat in 2002 voorgestel het dat die Desert Rhino Camp gebou word.
In daardie jaar het mnr. Mike Hearn, die SRT se navorsingsdirekteur, teruggekeer Engeland toe om 'n MSc-graad in bewaringsbiologie in Kent, in Engeland, te gaan studeer. Hy het beurse bekom sodat twee Namibiërs dieselfde kursus kon volg.
Een van dié Namibiërs was Uri-Khob.
In 2005 het Hearn in 'n tragiese ongeluk verdrink en Uri-Khob het by hom as navorsingsdirekteur oorgeneem. Sedert 2015 is hy die SRT se uitvoerende beampte.
“Die SRT, die Namibiese polisie, die MET, die gemeenskap en Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling en Natuurbewaring (IRDNC) het almal hande gevat en werk saam om die renosters te beskerm. Dit is die wenresep.
“In Augustus 2017 is die laaste renoster in die bewaringsgebied gestroop en met goeie en vinnige samewerking is al die manne gevang.
Die afgelope paar maande het ons baie vermeende stropers in hegtenis laat neem nog voor hulle kon stroop. Dít is net moontlik danksy goeie samewerking en inligting wat ons van die gemeenskap ontvang,” het Uri-Khob gesê.
Volgens hom was dit ook die eerste keer in jare dat daar nie 'n enkele renoster gedurende die afgelope Kersseisoen gestroop is nie.
“Dit is 'n prestasie waarop ons baie trots is. Dit danksy ses spanne wat ons in die Kunenestreek ontplooi het. Ons het mobiele padblokkades opgestel. Die spanwerk tussen al die betrokke partye was 'n groot sukses.”
Skoolpraatjie spoor spoorsnyer aan
Mnr. Denzel Tjiraso is al die afgelope 12 jaar 'n renosterspoorsnyer en bewaarder in diens van die SRT.
Hy het op skool 'n praatjie oor renosterbewaring en die SRT se werk gehoor, en het dadelik besluit om 'n bewaarder te word.
“Ek het direk ná skool by die trust aangesluit en 'n spoorsnyer geword. Ek het op skool al veral donkies en bokke se spore gesny, so dit was net 'n bietjie van 'n aanpassing vir my,” sê hy.
Volgens hom het hy op skool voortdurend oor renosters opgelees en foto's van hulle bewonder. Nou sien hy hulle amper elke dag in lewende lywe voor hom staan.
“Dit is belangrik dat ons die renoster beskerm. Hulle word deur stropers bedreig en ons moet dit stopsit,” het Tjiraso gesê.
Hy het drie kinders wat hy oor die belangrikheid van renosterbewaring leer.
“Ek moet altyd foto's van ons renosters vir hulle stuur.
“Ek sê altyd dit is 'ons' renosters, want hulle behoort nie aan my nie, hulle behoort aan alle Namibiërs.”
Die spoorsnyers hou rekord van elke renoster wat hulle sien. Die diere word aan hul horings en oormerke uitgeken. Dié inligting word dan aan die SRT-kantoor deurgegee waar dit op 'n databasis aangeteken word. Net mense van die trust en van die ministerie van die omgewing en toerisme het toegang tot dié databasis.
“Wanneer ons 'n renoster teëkom wat siek lyk of dalk beseer is, stel ons onmiddellik die kantoor in kennis daarvan. Die ministerie stuur dan 'n veearts uit om na die renoster om te sien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie