Sophia Shaningwa spoeg vuur
Die sekretaris-generaal van die regerende party sê dit gaan met ongedissiplineerde lede afreken.
Denver Kisting – Die regerende party gaan veral tydens dié belangrike jaar nie ’n gebrek aan dissipline duld nie.
Swapo het gister by monde van sy sekretaris-generaal (SG), me. Sophia Shaningwa, gesê daar is “absoluut geen ruimte” vir lede wat nie orde het nie of op spesiale behandeling aandring. “Ek het met kommer kennis geneem van ’n vlak van ’n gebrek aan dissipline in sommige oorde van ons party en ek herhaal: Daar sal met ongedissiplineerde gesindhede afgereken word.”
Shangingwa het voorts gesê die mandate van al hul afdelings, takke en die meeste van die streke moet hernu word.
Volgens haar sal dié proses in oorleg met die Swapo-partyskool en haar kantoor op 1 Maart afskop en op 31 Mei vanjaar ten einde loop.
Sy het voornemende kandidate herinner dat die verkiesings vir dié rolle deur geheime stembriewe sal geskied behalwe as die bestuur van daardie struktuur eenparig op net een kandidaat besluit.
Voorts, sê Shaningwa, mag kandidate slegs met veldtogte begin sodra die tersaaklike orgaan van die party die benoeming bekragtig het.
Voornemende ampsdraers se ledegelde mag nie agterstallig wees nie, het sy gemaan.
Sy sê dit is belangrik dat lede dit deurgaans op datum hou.
Dit sal verhoed dat hulle voor verkiesings ’n groot hoeveelheid geld hoef op te dok net sodat hulle verkies mag word, sê sy.
Shaningwa sê verkiesingskomitees sal gestig word om te verseker die verkiesings verloop vry en regverdig.
Die SG het ook ’n aantal ander vereistes op ’n nuuskonferensie gisteroggend uitgelig.
’n Distrikskoördineerder moet byvoorbeeld vir tien ononderbroke jare ’n Swapo-lid wees.
Volgens haar doen inligting die ronde dat sommige ampsdraers vantevore in posisies beland het sonder om aan die nodige vereistes te voldoen. Dít sal eweneens nie voortaan geduld word nie.
Swapo se streekkoördineerders het ook gister die blye tyding ontvang dat hulle nie meer gratis hoef te werk nie.
Shaningwa het gisteroggend aangekondig ná ’n uitgerekte aanloop is die proses uiteindelik afgehandel om streekkoördineerders te vergoed vir hul werk.
Sy het koördineerders daaraan herinner die vyfde Swapo-kongres in 2012 het aanbeveel die SG moet maniere ondersoek om hulle te betaal. “Hierdie standpunt is in 2017 by die sesde kongres herhaal.”
Verlede jaar tydens die sentralekomiteevergadering is onderneem om die besluit in werking te stel en ’n begroting saam te stel.
Tydens dieselfde jaar moes streekkoördineerders volledige inligting aan takkoördineerders verskaf “met spesiale klem op diegene wat werkloos is”.
Die vergadering met die huidige streekkoördineerders sou na verwagting laat gister ten einde loop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie