Sopnat Osona kopseer vir inwoners
Die ontwikkelaar erken die buitengewone reënseisoen veroorsaak probleme.
Augetto Graig – Die Osona Village behuisingsontwikkeling buite Okahandja word swaar deur die reën getref en talle erwe is oorspoel met water wat op die versadigde grond, poele vorm en nie dreineer nie.
Een inwoner kla dat sy by haar ma in Windhoek moes intrek weens die modder wat met haar sedanmotor toegang tot haar huis onmoontlik maak.
Die uitvoerende hoof van die Osona-eiendomsbestuursmaatskappy (OPMC), mnr. Alex Goethje, erken dat die ongewone reënseisoen probleme by die ontwikkeling veroorsaak.
“Die probleem sal opgelos word,” hou hy vol. “Dié is nie normale reën nie en dus is dit nie normale uitdagings nie.
“As dit soveel reën, word water ook vanaf huisdakke en deur geute gekonsentreer en daar is talle faktore wat bydra tot die probleem, maar niks wat nie opgelos kan word nie.”
Mnr. Sebastian Kamungu, woordvoerder vir OPMC, sê een bydraende faktor is hoe plat die grond in die gebied van die ontwikkeling is. Dit het met vorige reënseisoene ook die opdam van stormwater meegebring. Volgens hom het reën laas jaar Februarie soortgelyke probleme veroorsaak, maar stappe is gedoen om dit reg te stel.
Die ongewone hoeveelheid reën sedert Nuwejaar stel die vorige stappe nou op die proef, soos die bou van stormwaterdamme en dreineringstrukture langs en soms in die middel van die paaie. Paaie is ook só gebou om die stormwater se vloei weg van die huise te help rig, sê Goethje.
Kamungu sê die ontwikkeling is nog nuut en die huidige reën is maar een van verskeie aanvanklike probleme wat van tyd tot tyd hanteer moet word.
Goethje sê die reën lig hierdie probleme uit, wat nou aandag kan geniet. Hy is egter trots daarop dat geen van die huise oorstroom het nie. Dit is danksy die voorsorg wat getref is deur al die huise tot 300 mm bo die vlak van die strate te bou. Hoewel erwe sopnat raak, bly binnekamers tot nou steeds droog.
Osona is 'n bekostigbare behuisingsprojek en 'n balans moes gevind word tussen nodige koste en besparing, sê Kamungu. Volgens Goethje kan die gebruik van plaveisel of sementbane die modderprobleem oplos. “Ek, die huiseienaar, moet ook van die verantwoordelikheid vir toegang tot my erf neem,” sê hy.
GDGDGFDGFD
Modder is veral 'n probleem langs die oop spasies tussen Osona se huise en hier is dit OPMC wat oplossings probeer instel.
“Ja, die water dam op en ons moet dit daar wegkry; dis 'n aanhoudende proses,” sê hy. Daar word beplan om strukture op die betrokke paaie te bou om die vloei van stormwater deur hierdie oop spasies beter te bestuur. Die inwoner wie se toegang belemmer is, se huis is langs een van dié oop spasies.
“Met die reën sal die bouwerk se tydsberekening egter in die kol moet wees,” sê hy. Goethje sou gisteraand met die huiseienaarsvereniging oor verwikkelinge vergader het.
Osona is een van Namibië se vinnigste groeiende behuisingsontwikkelings met sowat 1 000 huise wat sedert 2016 voltooi is. Omdat gesinne gewoonlik intrek kort nadat bouwerk voltooi is, bly bykans 1 000 families nou daar. OPMC het reeds sowat N$300 000 bestee om palm- en inheemse bome te plant.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie