Spankultuur laat fietsry blom
’n Oplewing in die standaard van plaaslike byeenkomste is die gevolg van doelbewuste werk agter die skerms.
Andrew Poolman
’n Meetbare toename in intensiteit en deelnemergetalle word al hoe meer sigbaar in resiese in Windhoek Pedal Power se Nedbank-reeks, wat as ’n groot inspuiting vir padfietsry in Namibië beskou word.
“Vandat ons teen die einde van laasjaar en gedurende die Tour de Windhoek die span-element in werking gestel het, het dinge soos handomkeer verander. Die spanne se taktiek en dinamika het ’n standaard daargestel wat ons nog nie tevore gesien het nie,” sê Windhoek Pedal Power se voorsitter, mnr. Pierre du Plooy.
Individue se ambisie vir algehele klassifikasie word deesdae in ewe groot mate opgeweeg teenoor die spankompetisie, waarin elke span se eerste drie ryers se eindtye bymekaar getel word.
“Vir die spankompetisie help dit dus nie jou een ryer wen die resies en die volgende twee is baie ver agter nie. As voorbeeld het Team Kia Elite die meeste punte in die mansresies verdien, al was hul eerste ryer in die sesde plek.
“Vir ander spanne is die strategie eerder dat die spanmaats saam werk om hul individuele topkandidaat se wenkanse te verbeter.”
Soos in Europese en internasionale fietsry reeds lankal die gebruik is, begin die kultuur van “domestiques” ook nou hier posvat. Dié Franse woord verwys na spanmaats wat gedurende die resies die hardste werk aan die voorpunt doen en basies hul eie kanse opoffer om die weg vir die span se uitverkose ryer te baan.
Sulke ryers se spanwerk was byvoorbeeld Sondag só doeltreffend dat Dan Craven as individuele inskrywing meer as ’n hand vol kere onsuksesvol aan die voorpunt probeer wegbreek het.
“By internasionale en Afrika-byeenkomste is jou kanse maar klein om sukses te behaal as jy nie die dinamika van ’n span saam met jou het nie. Die standaard wat nou gestel word, is dus sonder twyfel tot voordeel van Namibiese fietsry,” sê Du Plooy.
Volgens hom is die ander opvallende aspek die kragtige vertonings van die topgroep junior ryers in wie se ontwikkeling die afgelope jaar of twee doelbewus belê is. Alex Miller, Alex Buchner, Dieter Koen en Schalk van der Merwe was almal deurgaans saam met die voorstes.
“Dit is net as lid van ’n span wat junior ryers leer ook leer hoe dit is om die harde werk te doen en watter tekens tydens ’n resies gelees moet kan word. Enigiemand kan in ’n bondel wegkruip en dan naby die einde jaag om te wen, maar só leer hulle die vermoë om ook op hul eie te kan werk om in te haal indien die voorste bondel hulle afskud.”
Volgens Du Plooy is Nick du Plessis die dryfveer wat die grootste lof vir die omwenteling in plaaslike padfietsry verdien. “Die hoeveelheid ure wat Nick ingesit het om die Tour de Windhoek te laat herleef en die spankompetisie in Windhoek Pedal Power se Nedbank-reeks in werking te stel.
Du Plooy sê die getalle ryers by die wegspringstreep vir die laaste twee weke (186 by Dordabis op die eerste naweek en 160 vir die bultagtige Matchless-resies) is beide “abnormaal baie”.
“Daar is definitief ’n groot oplewing in padfietsry.”
Du Plessis sê: “As jy so twee jaar gelede nog in ’n Matchless-resies ’n gemiddeld van 40 km/h gehandhaaf het sonder om te wen, dan was daar iets fout. Die spoed waarteen ons Sondag die Bobbejaan-klim uit is, was eenvoudig venynig – en bykans die hele groep wat weggespring het, was steeds saam voor.
“Ons ryers raak nou so gewoond aan die tempo van 40 tot 45 km/h dat ek baie opgewonde is om te sien wat ons Namibiërs sal uitrig wanneer die Suid-Afrikaanse beroepsjaers weer vir die Tour de Windhoek kom.”
Du Plooy vertel dat sy seun Charl, wat vanjaar in Suid-Afrika skoolgaan, in 2016 in sy eerste jaar as ’n junior by die nasionale kampioenskap die elite ryers met ’n voorsprong van twee minute van agter ingehaal het.
“Dit wys jou hoe die ouens toe nog rustig en strategies kon sit en wag vir iemand om ’n skuif te maak. Deesdae is die tempo eenvoudig deurgaans te hoog dat sulke dinge sommer weer sal gebeur.”
‘HOTSPOTS’
’n Meesterstuk van die organiseerders was om drie sogenaamde “hotspots” op strategiese dele van die roete vir die spankompetisie in te sluit.
Die eerste drie ryers by ’n “hotspot” verdien onderskeidelik drie, twee en een punt vir hul span.
Enige span kan dus met hierdie bonuspunte hul telbord vinnig laat aanrol tesame met die 15, 14 en 13 punte wat by die eindstreep wag indien hul topdrie ryers die beste in die spanresies geplaas is.
Die strategiese posisionering van die “hotspots” se invloed op die resies is dat daar nie meer dele is waar ryers kan uitrus of lyf wegsteek nie. ’n Domestique-ryer wat halfpad deur ’n resies versnel om bonuspunte by ’n “hotspot” te verdien, moet steeds die eindstreep binne die verklaarde spertyd bereik, anders word die punte nie aan sy span toegeken nie.
By komende Sondag se nasionale kampioenskap word dus vuurwerke soos min dus in die padresiese vir beide die elite mans (145 km) en elite vroue (107 km) verwag.
“Die roete is sodanig dat jy spoed én uithouvermoë én klimvermoë moet hê as jy die nasionale kampioenskap wil wen,” sê Du Plooy.
KATEGORIEë
Om die spankultuur verder te versterk, is weggedoen met die gebruiklike ouderdomskategorieë tydens die Nedbank-reeks.
Nogtans word die gesondheid van plaaslike fietsry tans ook daarin weerspieël dat 19 meestersmans laas naweek vir die moeilike Matchless-resies aangetree het, sê Du Plooy.
“Die teenwoordigheid van die manne met ondervinding is ewe nodig as die invloei van nuwe juniors en sterk elite ryers. Die jonger garde kyk beslis op na die ouer manne soos Koos van Staden, Tony Bassingthwaighte en Gerhard Mans senior as rolmodelle.
“Ons enigste probleemarea is dat daar so so min jong meisies is. Maar ek kom ook agter dat ander sportkodes dieselfde kommerwekkende tendens ondervind dat jong meisies in individuele sportkodes aan die verdwyn is. Ek kon nog niemand opspoor wat sy vinger op die oorsaak kan lê nie.”
Volgens Du Plooy en Du Plessis het selfs die meesters vroue (50 jaar en ouer) die afgelope tyd gesê hul kategorie se afstande is gans te kort en behoort verleng te word.
ONDERSTEUNING
Windhoek se stadspolisie gaan ook uit hul pad om padfietsry te ondersteun.
“Ek het hulle vooraf gewys op twee kruising waar ons organiseerders wou hê hulle die padverkeer moet reguleer. Later het ek agtergekom hulle het inderdaad 15 lede van die stadspolisie op diens gehad tydens ons resies. Dit was absoluut wonderlik,” sê Du Plooy.
Hy sê selfs taxibestuurders se ingesteldheid teenoor fietsryers wys deesdae meer
Agter die skerms is ’n skool soos St. George’s ook uitsonderlik goedgesind. “Ons kan op hul knoppie druk, dan gee hulle ons soveel skoliere as wat ons wil hê om as beamptes op die roete op te tree.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie