Speel saam in die Super-semifinale
Teen gister het 60% van deelnemers aan MultiChoice Namibia en Republikein se Superrugby-kompetisie die twee tuisspanne in die naweek se halfeindstryde beide die grootste kans op ’n oorwinning gegee.
Die Crusaders draf môre in Nieu-Seeland teen die Hurricanes uit. In Johannesburg pak die Lions Australië se Waratahs.
Kyk in die kassie langsaan hoe om jou SMS’e te stuur. Elke SMS deur DStv Premium-intekenare tel as ’n kans om N$10 000 te wen.
Die afgelope naweek het mnr. John Kido van Rehoboth N$500 gewen. Hy was 100% in die kol met die Lions se telling van 40-23 teen die Argentynse Jaguares.
Rita Barnard van Swakopmund (40-24) het met een punt van die verloorspan se telling verskil en ontvang ook N$500.
Jurie Louw van Windhoek se naam was in die pot vir DStv se prysgeld, maar omdat hy reeds vanjaar gewen het, dra MultiChoice Namibia hul prysgeld na die finaal oor om aan ander intekenare ’n wenkans te gee. Louw het met twee raaiskote onderskeidelik met net drie en vyf punte van die Highlanders en Chiefs as verloorspanne se tellings verskil.
In die eindstryd is vyf pryse van N$500 en twee Explora-dekodeerders ter waarde van N$1 299 elk op die spel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie