Spekskieters van die kuberruim gooi nou met die vark
Des Erasmus - Oor ‘n breedsprakerige ou uit my kontrei is altyd gewaarsku dat jy sy vertellings met ‘n knippie sout moet neem. Dit was saggies gestel dat alles wat hy sê nie vir die waarheid geneem kan word nie.
Afrikaans het sommer ‘n klomp sulke verwysings na leuentaal. Wolhaarstories, met die verspreiders van sulke onwaarhede wat ook spekskieters genoem word. En as jy nie ‘n woord kan glo wat hy sê nie, skiet die ou nie net met spek nie, maar gooi hy sommer met die vark. Selwers is daar al tydens ‘n hofgeding gehoor hoe ‘n prokureur vir ‘n getuie sê hy is ‘n “vreemdeling vir die waarheid”.
Kortom, alles kry gestalte in een van die oudste en mees gewigtige vrae van alle tye: Wat is waarheid?
Wat is waarheid wanneer dit by die seën van milde reëns in die voorjaar kom?
Wat is waar van die vistermanstories wanneer die broeikabeljoue in die voorjaar loop? Wat is waar van die leeu- en die olifantjag? En hoe word die leuen nie as ‘n sousie by reklamestukke ingemeng nie?
Die naaste en lekkerste storiemakers is die reën. Op ‘n Vrydag word verneem dat die brug oor die Kuisebrivier in die canyon voor vloedwater geswig het. Gevolglik is Solitaire afgesny van Walvisbaai. Die Sondag ry ‘n vriendin daarlangs en kyk op versoek die wêreld ‘n bietjie deur.
Daar’s ‘n mooi en bruisende stroom onder die konstruksie deur, maar aan die brug skort niks. As bewys stuur sy ‘n foto deur. Water in die Omarururivier sou die Vrydag al die Omdeldam by Hentiesbaai bereik het, maar twee dae later, op ‘n Sondagmiddag, loop die vloed se spoor sowat 17 km bokant die dam dood.
Stormtonele voed die sosiale media oor hoe die sikloon met gehuggies in die ooste van die land gemors het.
Toe word vasgestel dis tonele van Mosambiek waar die mensdom en hul goed werklik voor die storm moes buk. ‘n Motor word deur ‘n rivier by Brakwater meegesleur. Later kom die “sorrie”. Dis ‘n ou toneel wat by Calvinia afgespeel het.
Ook in eie wese was daar al gevalle van ‘n slagoffer van onwaarhede in reklamestukke.
By ‘n gehuggie tussen Graaff Reinet en Oudtshoorn is by ‘n winkel stilgehou waar biltong van Gobabis geadverteer is. Het mos lanklaas doer in die vreemde ta’ Hannie se goed in die kies gekry. Toe is dit ‘n stukkie vleis wat daar in ‘n glaskas aan ‘n stuk sening klou.
Op Hartenbos is ‘n sak vuurmaakhout gekoop.
Daar op die bordjie het dan geskryf gestaan: Kameelhout van Namibië. By die blyplek gekom, is ‘n sak afvalplankies van die een of ander saagmeule in die Knysnabos uitgeskud.
Wat my by advertensies en die waarheid bring.
By Amerikaanse en Europese ekspo’s vir trofeejagters is advertensies versprei vir trofeejagte van ‘n woestynleeu en ‘n olifant in die Torra-bewaringsgebied.
Nader aan die huis verskyn ‘n advertensie uit Port Elizabeth vir kabeljou en steenbras op die sosiale media. Op 9 Februarie by Hentiesbaai gevang en dis N$80 per kilogram vir kabeljou en N$70 per kilogram vir steenbras.
Dit terwyl die uitvoerkwota vir hengelvis soos in die geval van Hentiesbaai net 30 visse per hengelaar is, waaronder net 10 kabeljoue mag wees met net twee langer as 70 cm. Was dit ‘n onwettige vangs onder die neuse van inspekteurs en die verspieders by padblokkades verby?
Die jag van die leeu en die olifant in die Torra-bewaringsgebied? ‘n Kwota van een leeu is wel aan Torra toegestaan, maar lank voor ‘n jagtog moet ‘n groot papieroorlog eers afgehandel word.
Van die olifantjag wis die owerheid niks.
En dís jagtogte wat vir N$1,1 miljoen geadverteer word.
Vra seker maar verniet weer: Wat is waarheid?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie