Spioenasiediens appelleer teen muilbanduitspraak
Spioenasiediens appelleer teen muilbanduitspraak

Spioenasiediens appelleer teen muilbanduitspraak

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se spioenasiebaas en die regering appèlleer vanoggend in die hooggeregshof teen regter Harald Geier se hofuitspraak verlede jaar wat ’n stokkie gesteek het teen ’n muilband-interdik teen die weekblad, The Patriot.
Die inligting wat die koerant in berigte wou openbaar, het te doen met vermeende onreëlmatighede in die koop van plase en ander eiendom vir oudspioene en hul families. Die eiendomstranksasies het die belastingbetaler nagenoeg N$65 miljoen gekos.
Een van die gronde van die direkteur-generaal van Namibië se Sentrale Intelligensiediens (NCIS), mnr. Philemon Malima, en die regering se appèl is dat die hoërhof fouteer deur te bevind die nodigheid van ’n interdik is debatteerbaar aangesien die inligting reeds in die openbare domein is.
Adjunkhoofregter Petrus Damaseb en appèlregters Sylvester Mainga en Dave Smuts is op die bank.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!