SSC: Nog geen hulp aan maatskappye
SSC: Nog geen hulp aan maatskappye

SSC: Nog geen hulp aan maatskappye

Augetto Graig
Maatskappye in spesifieke bedrywe aan wie die regering geldelike hulp belowe het om die impak van Covid-19 en die gepaardgaande inperking teen te werk, wag steeds om enige steun te ontvang.

Die uitvoerende hoofbeampte van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC), me. Milka Mungunda, het pas bevestig geen uitbetaling is sover aan enige maatskappy gedoen nie, vanweë tegniese uitdagings. Sy kon ook nie sê wanneer betalings verwag kan word nie.

Dit volg nadat die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, op 27 April amptelik ‘n nasionale indiensneming- en salarisbeskermingskema vir die Covid-19-inperking aangekondig het.

Hiervolgens kan die toerisme-, konstruksie- en lugvaartbedryf aansoek doen vir 17% van hul salarisrekening as ’n subsidie van die regering, terwyl meer sektore vir drie maande van bydraes tot die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) vrygeskeld kon word.

Shiimi het toe gesê die regering, deur die ministerie van finansies, het N$400 miljoen vir die pakket bewillig, terwyl die ander N$252 miljoen van die SSC sal kom. Die skema het dus in totaal sowat N$650 miljoen tot sy beskikking.

Shiimi het gesê die skema vorm deel van die hulppakket vir die ekonomie wat die regering onlangs aangekondig het om die negatiewe impak van die Covid-19-inperking te versag. Toe is ook gesê dat uitbetalings reeds vóór 7 Mei sou begin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!