Staalbedryf: Vinger wys help nie
Staalbedryf: Vinger wys help nie

Staalbedryf: Vinger wys help nie

Jo-Mare Duddy Booysen
Elvira Wood - ’n Volhoubare staalvervaar­digingsektor kán in Suid-Afrika bestaan, sê Dean Subramanian, waarnemende ­uitvoerende hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa).
“Amsa is bereid om gereguleerde tariewe te aanvaar solank dit billik is, maar het dan het ons beter steun veral met infrastruktuur nodig,” het hy verlede week aan Netwerk24 se Sake gesê.
“Die feit dat Suid-Afrika se spoornetwerk vir die vervoer van ystererts net op die uitvoermark gerig is en dus net na hawens loop, uitdagings om hulpbronne (soos ystererts en steenkool) teen billike pryse by ons aanlegte te kry en duur elektrisiteit is van die infrastruktuurprobleme wat van plaas­like staalvervaardiging ’n uitdaging maak,” sê hy.
“Omdat Transnet se infrastruktuur op die uitvoerbedryf fokus, moet ons vragmotors gebruik om ystererts by ons aanleg te kry.
“Ons verstaan dat plaaslike staalgebruikers goedkoper staal wil hê en dus produkte uit veral China aankoop, maar die speelveld is nie gelyk nie en ons moet na alle aspekte kyk om ons aanlegte oop te hou,” hy.
Henk Langenhoven, hoofekonoom van die staal- en ingenieursbedryf van Suid-Afrika (Seifsa), het in Februarie by die energie­reguleerder, Nersa, se sittings oor Eskom se voorgestelde tarief­verhogings gesê as die verhogings goedgekeur word, gaan dit dras­tiese gevolge vir die staalbedryf hê.
Wim de Klerk, wat op 1 September uitvoerende hoof van Amsa word, het vroeër aanCity Press gesê Amsa is een van Eskom se grootste kliënte, “en as ons ons deure moet sluit, sal Eskom soveel ekstra elektrisiteit hê dat hy nie sy skuld sal kan betaal nie”.
Subramanian sê Amsa “erken daar is baie partye betrokke by die voortbestaan van die land se staalvervaardigingsbedryf, maar dit sal tot almal se voordeel wees as ons kan ophou vinger wys en begin saamwerk.
“Ons weet Suid-Afrika se ekonomie gaan iewers weer begin groei. Dan wil ons reg wees om die nodige produkte te lewer en so te help om die groei te steun.”
Suid-Afrikaanse staalgebruikers is dalk ongelukkig oor die regering se besluit om vanaf 2016 ’n 10%-invoertarief op sekere staalprodukte uit China te hef, maar Subramanian, sê dit is niks vergeleke met die res van die wêreld nie.
The Guardian berig Amerika het in Mei besluit om sy invoertarief van 266% op sekere Chinese staalprodukte tot 522% te verhoog om sy plaaslike bedryf te beskerm.
Die Europese Unie hef ’n 16%-invoertarief op sekere Chinese staalprodukte.
“Die Chinese staalbedryf produseer in net meer as twee dae dieselfde hoeveelheid staal as wat Suid-Afrika in ’n jaar produseer.
“Met hul afname in infrastruktuurontwikkeling is daar oorverskaffing in hul eie bedryf en hulle voer hul staal uit teen pryse wat ander vervaardigers nie kan lewer nie.
“Die goedkoop staalpryse uit China is bloot nie volhoubaar nie.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!