Staan Grondwet stewig genoeg?
Staan Grondwet stewig genoeg?

Staan Grondwet stewig genoeg?

Dani Booysen
Drie dekades sedert die aanvaarding van Namibië se veel geprese Grondwet moet ons onsself elkeen afvra in hoe ‘n mate ons die waardes en regte in ons land se hoogste wet uitleef.

Sedert onafhanklikwording moes nie net ons regering en leiers nie, maar ons almal uitvoering gee aan hierdie fondament waarop die republiek gebou is.

Ingevolge die skeiding van gesagte het ons howe al verskeie kere die uitvoerende en wetgewende gesagte in die verband tot orde geroep. Die mees onlangse voorbeeld is verlede week se verkiesingsuitspraak. Dit bewys ons Grondwet lewe.

Nuus en debatte van alleen die afgelope maande werp egter die vraag op of ons Grondwet stewig genoeg staan. Baie wêreldlande ervaar toenemend aanslae op konstitusionalisme.

Wetswysigings om die Fishrot-korrupsie moontlik te maak, is ‘n grondwetlike aanklag teen wetmakers en uitvoerders. Regslui is besorgd oor die ontplooiing van die weermag vir misdaadbekamping as ‘n ongrondwetlike mistasting. Daar is talle ander voorbeelde.

Genoegsame uitvoering is ook nog nie gegee aan grondwetlike ondernemings oor onder meer “gratis” en goeie basiese opvoeding, openbare gesondheidsdienste, behuising en waardige werksomstandighede vir almal nie.

‘n Ope vraag: Is ons parlement vandag ewe sterk as die Grondwetskrywende Vergadering, wat ook ons eerste Nasionale Vergadering geword het?

Elke Namibiër moet in ons optrede en deur die opeising en afdwing van verantwoording lewe aan die Grondwet gee. En die Grondwet moet ons weg rig.

So sê ander

4 Februarie 2020

Romney took a risk for the Constitution

Mitt Romney did the right thing.

And there are people, powerful people, people who Romney might have thought were his friends and allies, who will seek to punish him for it. He knew that, and he did it anyway.

Romney was one of only two Republican senators who voted with the Democrats to include witnesses and more documentation in the trial of impeachment of the president of the United States.

If only two more Republicans had joined them, this show trial would have at least given us a show before grinding to its inevitable anticlimax. And it would have done so in a way that would have placed before the American people information that we should have when, as it will later this year, the ultimate decision falls to us.

Romney now faces a backlash from a party and an ideology that used to favor the Constitution and the rule of law but has prostituted itself to the current occupant of the White House.

Romney should use whatever influence he has left to push Congress to take real steps to secure this election, and those that will come after it, with laws and money to protect our system from cyber attacks and to expose floods of false information for what they are.

If Romney makes this effort, and is again ignored and belittled by his own party, the shame will, again, be theirs, not his.

• THE SALT LAKE TRIBUNE

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!