Staat kan sy hulp vir NSSU-toere opskort
Die direkteur van sport het aanbeveel dat die koerant liewer vir die amptelike nuusverklaring wag, hoewel hy in wese die gerugte bevestig het.
Andrew Poolman - 'n Moratorium op nasionale skolesporttoere buite die landsgrense word glo deur die platsak ministerie van sport, jeug en nasionale diens oorweeg.
So 'n afkondiging – sodra dit amptelik bevestig word – kan 'n skokgolf stuur deur die geledere van verskeie spansporte, van wie die eerstes reeds bestem is om komende naweek na Suid-Afrika te vertrek.
Veral teen die lig van die goedgekeurde begroting van meer as N$19 miljoen vir die nasionale sokkerspan se vergoeding vir hul deelname aan die Afrika Nasiebekertoernooi in Egipte sal die toegedraaide krane vir skolesporttoere beslis debat uitlok.
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale koördineerder, mnr. Sollie Duiker, het bevestig dat hy gisteroggend tydens ontmoetings met senior ministeriële personeel mondelings oor die planne ingelig is, maar teen laatmiddag het hy steeds op die amptelike brief van die ministerie gewag.
“Ek het die ministerie nie om geldelike hulp vir enige toer gevra nie – net vir bystand met busvervoer vir sommige spanne,” het Duiker gesê.
Jarelange, gevestigde bande met provinsiale toernooie in Suid-Afrika vir die wintersporte soos rugby, netbal en hokkie kan in die gedrang kom indien 'n ministeriële moratorium op skolesporttoere afgekondig word.
Die ministerie se direkteur van sport, mnr. Sivhute Katamba, het gister aan die koerant erken dat so 'n moratorium ter sprake is.
“Dit kom al 'n lang pad en in ons finansiële situasie kan ons nie soos altyd voortgaan nie. Die NSSU het ons die afgelope twee jaar hoofbrekens besorg met hul onbeplande uitgawes waarvoor nie begroot is nie.
“Die Balspele en atletiektoere was voorbeelde. Dit het veroorsaak dat ons oortree op die begrotings van ander departemente soos jeug- of kultuuraktiwiteite en hierdie besluit kom dus van die hoogste bestuursvlakke van die ministerie.”
Katamba is gevra of skoletoere ook belet sal word indien die ouers of korporatiewe maatskappye die koste op hulle neem.
“Ons sal nie regtig uitsonderings op 'n moratorium wil maak nie, maar indien mnr. Duiker dit kan motiveer en ons oortuig, sal ons dit oorweeg. Ons kan oor die beskikbaarstelling van busvervoer onderhandel, maar daar is nie geld vir ander uitgawes nie.”
Ter afsluiting het Katamba gevra of die koerant 'n berig vandag hieroor beplan en het die skrywer toe aangemoedig om liewer vir die uitreiking van die ministerie se amptelike verklaring te wag.
DRINGENDHEID
Duiker sê: “Jy weet ek sal nooit iets negatief oor die regering sê nie, maar die ministerie is bewus van ons jaarkalender en hierdie is vertragingstaktiek, dat ek nou nog nie die brief ontvang het nie.”
Volgens Duiker kry die NSSU reeds sedert April nie geld van die regering nie, afgesien van die betaling van salarisse.
“Al ons toere se koste word deur ouers en goedgunstige korporatiewe borge gedra.”
Vier NSSU-hokkiespanne (seuns en meisies onder 16 en o.18) wat môre na die Paarl vertrek, is die eerste van die nasionale skolesportspanne wat bestem is om in die volgende weke na die suidelike buurland te toer.
Die o.14-hokkiespanne (seuns en meisies) wat Maandag na Bloemfontein vertrek, is kort op hul hakke.
Die NSSU se netbaltoer na Boksburg is vir die ouderdomsgroepe o.12, o.13, o.14, o.15 en o.17.
Rugby se o.13 Cravenweek, tesame met die o.16 Grant Khomo-week, skop beide op 24 Junie in Witrivier af en Namibiese spanne is ook reeds hiervoor gekies, net soos vir die o.18 Akademieweek wat 'n week later in Bloemfontein begin.
“Vir die rugby was ons bewus dat ons nie van die regering busse sou kry nie en het dus reeds private busse vir die vervoer gereël. Die Suid-Afrikaanse rugby-unie betaal die meeste van die akkommodasie, afgesien van N$13 000 vir ons rekening vir ekstra nagte,” sê Duiker.
Teen gister het Duiker steeds skenkings van goedgunstige borge ontvang wat bereid is om in te staan sodat die skoletoere onverstoord kan voortgaan.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie