Staatsrede: Trump wil saamwerk
Die groot verdeeldheid in Amerika onder die leierskap van pres. Donald Trump was opnuut in die kollig tydens sy staatsrede.
Ná ’n jaar se partydige leierskap het pres. Donald Trump van Amerika Dinsdagaand tydens sy eerste staatsrede ’n beroep op die Republikeine en Demokrate gedoen om te werk aan kompromieë oor immigrasie en infrastruktuur.
“Vanaand doen ek ’n beroep op ons almal om ons verskille opsy te sit, om gemeenskaplike verstandhouding te hê en om die eenheid daar te stel wat ons nodig het om die mense te dien,” het Trump luidens Reuters gesê.
Die toespraak in die huis van verteenwoordigers se raadsaal was sowat 80 minute lank; een van die langste staatsredes in die Amerikaanse geskiedenis, berig CNN.
In die toespraak wat presidente jaarliks aan die Kongres lewer, het Trump probeer om die twyfel wat oor sy presidentskap bestaan, te probeer oorkom, berig die BBC.
Sy verkiesingsveldtog se beweerde betrekkinge met Rusland word ondersoek en hy ondervind swak goedkeuringsgraderings vir sy werk.
Trump se staatsrede het min inligting bevat oor sy beleidsvoorstelle oor kwelpunte soos die hoë koste van gesondheidsorg, beleggings in infrastruktuur, werkopleiding en tronkhervorming.
Hy het lank oor onderwerpe gepraat wat die meeste verdeling kan bring. Die Demokrate sal egter sy lofsange oor patriotisme en tradisionele waardes beskou as Trump se poging om verdeeldheid tussen kulture te saai.
Die diep kloof tussen die twee partye was duidelik.
Republikeinse wetgewers het ná sy staatsrede luidkeels gejuig, terwyl baie Demokrate net in hul sitplekke bly sit het.
Toe hy gesê het Amerikaanse burgers moet staan as hulle die volkslied sing, het die Demokrate doodluiters bly sit.
Dit was ook glad nie duidelik of Trump sy oproepe vir harmonie tussen die partye sou deurvoer nie.
Trump se vorige pogings om ’n boodskap van eenheid te lewer, is daarna deur bitter twiets en verdelende stellings ondermyn, wat woede onder die Demokrate veroorsaak het en dikwels sy eie Republikeinse Party geïrriteer het.
Die beroep om eenheid sal getoets word in sy belofte om 1,8 miljoen “dromers” te beskerm, al word dié mense, wat as kinders onwettig na die land gebring is, vanaf 5 Maart gedeporteer.
Trump het gesê hy “strek ’n oop hand uit” vir ’n immigrasie-ooreenkoms en dat hy oor 10 tot 12 jaar vir die dromers ’n pad na burgerskap sal bied in ruil vir die finansiering van ’n grensmuur tussen Amerika en Mexiko en beperkinge op wetlike immigrasie.
In dieselfde asem het hy gepraat oor misdaad wat deur immigrante gepleeg word en het hy ’n dwarsklap uitgedeel met die woorde “Amerikaners is ook dromers”.
Trump het sy plan ’n “middeweg-kompromie” genoem, maar sommige Demokrate het hom uitgejou toe hy gesê het hy wil “kettingmigrasie” stopsit – die vermoë van wettige immigrante om hul uitgebreide familielede na die land te bring.
“Kom ons kom bymekaar, plaas die politiek opsy en kry uiteindelik die werk gedoen,” het Trump gesê.
Die president se toespraak het ’n beter aanslag as gewoonlik gehad. Die taal was vloeiend, maar die inhoud was steeds snydend.
Joe Kennedy, kongreslid van die Demokratiese Party, het onmiddellik na afloop van Trump se toespraak sy party se antwoord daarop gelewer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie