• Tuisblad
  • Onderwys
  • Staking beëindig - onderwysers moet Maandag op hul pos wees
Staking beu00ebindig - onderwysers moet Maandag op hul pos wees
Staking beu00ebindig - onderwysers moet Maandag op hul pos wees

Staking beëindig - onderwysers moet Maandag op hul pos wees

Dani Booysen
Na 'n onderwysstaking van twee dae het die regering en die onderwysvakbond Nantu en die staatsdiensvakbond Napwu vanmiddag 'n nuwe ooreenkoms oor salarisverhogings onderteken.
"Ek beëindig . . . Ek herhaal, ek beëindig die staking," het mnr. Simeon Kavila, president van Nantu gesê.
Alle onderwysers moet volgens hom Maandag om 07:00 terug op hul poste wees.
Die nuwe ooreenkoms is bereik danksy president Hage Geingob se ingryping.
Vir vanjaar, terugwerkend vanaf 1 April, is ingestem tot die regering se aanbod van 'n verhoging van 5% vir betwiste posvlakke.
Vir volgende jaar sal alle staatsamptenare 'n verhoging van 9% ontvang teenoor die 7% wat tevore aangebied is.
Vir vanjaar sal behuisingstoelae as volg verbeter: bestuur 8%, posvlakke benede bestuur 9%, ander personeel 10%.
Die arbeidshof het laat Woensdag 'n interdik wat die regering teen die staking versoek het van die hand gewys.
Nuwe datums vir die aflê van die afgelope Donderdag en Vrydag se graad 10- en graad 12-eksamenvraestelle is ook aangekondig.
Volledige beriggewing in Maandag se Republikein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!