Steenkamp eerste wenner van Seibeb-trofee
Steenkamp eerste wenner van Seibeb-trofee

Steenkamp eerste wenner van Seibeb-trofee

Fietsry
Die herinneringe aan Raul Costa Seibeb is vars in die geheue geroep tydens laas Sondag se Nedbank Cycle Challenge in die hoofstad.

Minder as 'n jaar ná sy ontydige afsterwe op 25-jarige leeftyd, was sy moeder Renate Seibes die naweek 'n eregas.

In samewerking met Nedbank is 'n Raul Costa Seibeb wisseltrofee vir die eerste keer op die spel geplaas, wat die mees aanvallende en hardwerkende ryer in die voorste peloton vereer. Die resieskommissaris en ander partye wat die wedren eerstehands volg, se stemme tel in die toekenning.

Die eerste ontvanger van die gedenktrofee is Alwyn Steenkamp, wat die naweek tevore die voorste o.23-jaer by die nasionale kampioenskap was.

Steenkamp het Sondag die 100 km afstand in die vierde plek ná Dan Craven, Drikus Coetzee, Loto Petrus en André de Klerk klaargemaak.

Nedbank Namibia se besturende direkteur, mnr. Lionel Matthews, het Sondag die 60 km roete voltooi en het in 'n kort toespraak voor die prysuitdeling gesê hy het sy deelname aan Costa Seibeb opgedra.

“Sy ontydige heengaan het my persoonlik geraak. Hy was 'n held in Namibiese fietsry en hy is voortydig van ons weggeneem. Niemand kon sy talent in twyfel trek nie.”

Seibeb was net 17 jaar oud toe hy in 2009 vir die eerste keer in die Nedbank Cycle Challenge deelgeneem het. Hy het die resies in 2015 gewen en was in 2016 die naaswenner ná Till Drobisch.

Buite die landsgrense het hy in 2013 in Switserland geskiedenis gemaak as eerste spanlid van 'n Wêreldfietsrysentrum Afrika-span wat 'n oorwinning in Europa behaal het.

Op die bergfiets was hy ewe kompeterend – met die 2016 Afrika-kampioen­skap silwermedalje in Lesotho, asook verskeie nasionale titels in die veldresies en marathon hoogtepunte op sy getuigskrif.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!