Stepping Stones sluit warrelwind jaar af
Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

Stepping Stones sluit die jaar af met ’n prettige konsert ná ’n jaar van propvol mylpale.
Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt



Die Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou.

Die skoolhoof, Almarie Mostert, sê dié tema was vanjaar die ideale geleentheid vir die jong studente om met hul growwe motoriese vaardighede te spog.

Mostert sê die skool was gelukkig genoeg om ’n konsertlokaal gratis te kry.

“Al wat saak maak is dat die kinders en die ouers dit geniet het. Dis elke jaar ’n viering van dit wat die kinders bereik het,” sê sy.

Mostert sê die ouers het dieselfde waardering vir die opvoering gehad.

“Die ouers kan elke jaar die vordering sien en ons sien dit ook. As ek kyk na die kinders wat drie jaar terug hier begin het en dit wat hulle in hierdie konsert gedoen het, kan jy duidelik sien hoe hulle gegroei het,” sê Mostert.

Uitdagings

Mostert sê die uitdagings wat die konsert vir haar en haar span elke jaar meebring, gee hulle ’n kans om te leer.

“Ons beplan die konserte volgens die kinders se behoeftes. Ons sirkusmeesters was byvoorbeeld albei nieverbaal. Ons het die hele week voor die konsert elke dag geoefen en ons het al geleer om ons kostuums eenvoudig te hou,” sê Mostert.

Sy vertel die sirkusleeus het “hoodies” gedra waarop “maanhare” gesit is om ’n leeukostuum te maak.

“Baie van ons kinders het sensoriese probleme, dus het ons al geleer om dit eenvoudig te hou deur net vir hulle ’n T-hemp of iets eenvoudig te laat dra,” sê Mostert.

Sy sê die leerlinge is hul eerste prioriteit.

“Ek dink meer as enigiets anders moet die kinders dit geniet. Dit help nie ons sit hulle in ’n ongemaklike posisie en in ongemaklike klere en verwag hulle moet konsert hou nie. As hulle dit nie geniet nie, was daar geen punt nie,” sê sy.

Opwindende toekoms

Mostert vertel die Stepping Stones se skoolgemeenskap sien uit na die jaar wat voorlê, na ’n jaar propvol vooruitgang vir Stepping Stones.

Sy sien daarna uit om hul eerste klaskamer in die nuwe jaar te bou nadat die skool vanjaar hul sooispitgeleentheid gehad het vir die bou van hul eie skoolgebou.

’n Hoekmuur is ook vanjaar op die perseel gebou, en Mostert hoop die grensmuur sal volgende jaar voltooi word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!