Ster-Kersversierings
Ster-Kersversierings

Ster-Kersversierings

Lloyd Zandberg
Maak dié maklike houtversierings vir jou Kersboom.

Wat jy nodig het:

gelamineerde-dennehoutplank

goue viniel

patrone

aanspuitgom

Woodoc Water-Borne FLOOR

Woodoc COLOURS in Clifton Grey

handwerkmessie

skêr

figuursaag

G-klampe

skuurpapier

boor met 8 mm-houtboorpunt

lint

So maak jy:

Hou die ster-patroon eenkant en plak die ander op die agterkant van die goue viniel met die aanspuitgom. Gebruik die handwerkmessie en skêr om die vorms versigtig uit te knip.

Trek die ster op die dennehoutplank af. Hou die plank in plek met die G-klampe en saag die vorms met die figuursaag uit.

Boor ’n gat in een van die sterre se punte.

Skuur die rande glad.

Meng die Woodoc COLOURS by die Water-Borne FLOOR in en wend twee lae aan albei kante van die sterre. Wag tot die eerste laag droog is voor jy die tweede een aanwend.

Wag tot die tweede laag droog is en plak die viniel-vorms in die middel van elke ster.

Ryg ’n lint deur die gat wat jy in stap 4 gemaak het en hang jou sterre op. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!