Sterk die ACC se hand
Sterk die ACC se hand

Sterk die ACC se hand

Dani Booysen
Persepsies is nie altyd gelyk aan die werklikheid nie.

Tog moet daar optrede volg op die verslag dat Namibiërs die polisie as die land se mees korrupte instelling beskou. Dit geld ook vir die beraming dat skaars 7% van moontlike korrupsie by die land se waghond teen korrupsie, die ACC, aangemeld word.

Hierdie nuwe emmer yswater is Vrydag, op Internasionale Teenkorrupsiedag, op Namibiërs se koppe uitgegiet.

Om dadelik werk van al hierdie kwessies te maak, is noodsaaklik as die regering nie optimisme in sy verbintenis tot ‘n algehele regrukplan vir alle fasette van landsake wil ondermyn nie. Dieselfde opname toon hierdie positiwiteit taan vinnig onder jonger mense. ‘n Hele kwart van mense het voorts gesê hul lewenskwaliteit is nou slegter as ‘n jaar gelede.

Lank verwagte wetgewing vir die beskerming van hokaairoepers sal vrese vir viktimisering by klaers uit die weg help ruim.

Die feit dat meer as 60% van respondente gesê het hulle weet nie hoe of waar om korrupsie aan te meld nie, bewys bewusmaking oor korrekte prosesse skiet ver te kort. Deel van die probleem is duidelik apatie.

Solank mense reken dit is nie hul taak om korrupsie aan die kaak te stel nie, sal hierdie stryd nooit beter uitslae toon nie. As net 6% van mense kan insien hoe ‘n groot vyand van ontwikkeling korrupsie is, is ons diep in die pekel.

Eerder as om die baba saam met die badwater uit te smyt, is dit nodig om die ACC – ‘n instelling met beperkte geld, mannekrag en ander bronne – te versterk.

Persepsies dat die ACC self korrup is, moet ook in die ban gedoen word.

So sê ander

11 Desember 2016

Fake news is a real danger

The North Carolina resident who took it upon himself to investigate allegations of crime in a Washington restaurant last weekend is only the tip of a much larger, more dangerous and potentially deadly iceberg. It requires vigilance from all of us.

We have to examine why so many fake stories are gaining traction today. Is it a failure of education?

Is it because such stories are politically advantageous, confirming our worst instincts about political foes?

Whatever political advantage may be gained by spreading lies is vastly outweighed by the great harm of blurring the lines between fact and fiction to individuals and society.

We need more strong leaders to speak out against fake news, like Pope Francis did last week.

But ultimately, each individual has to take it upon him or herself to approach information with skepticism and a willingness to examine claims critically before passing them on.

• WINSTON-SALEM JOURNAL

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!