Sterker aardbewing skud Augrabies
Sterker aardbewing skud Augrabies

Sterker aardbewing skud Augrabies

Nóg ’n aardskudding het die Augrabies-gebied Vrydag omstreeks 07:48 getref.

Dit was dié keer ’n groter skudding as die een op 19 Januarie in die streek, wat 3,5 op die Richterskaal gemeet het.

Inwoners van Augrabies, Marchand en Kakamas het dadelik op sosiale media laat weet dat dié skudding erger as die vorige keer was.



Ligte trillings is nie ongehoord in die area nie.

Van 2010 tot 2013 het ligte skuddings gereeld in die gebied voorgekom. Die verskynsel staan as swerms bekend, wat oor ’n bestek van sowat twee jaar in ’n gebied voorkom.

Op 28 Desember 2017 het ligte trillings weer in die gebied begin.

Die aardskudding op 19 Januarie is deur verskeie ligte trillings voorafgegaan, wat ook daarna gevolg het.

Sonel van As, ’n inwoner van Augrabies, sê die skudding was groter en haar bed het weer geskuif.

Haar pa, Thomas Visser, was besig om met ’n houtsaag te werk toe hy die skudding voel.

Die Van Asse se honde het ook vreeslik geblaf.

Die skudding kon sover as Keimoes, Kanoneiland en Raaswater gevoel word.

Inwoners sê op Facebook hulle het gedink hulle hoor ’n vragmotor en verskeie mense sê hul dakke het ’n kraakgeluid gemaak.

Margaret Strauss, wat sowat 50 km buite Upington op ’n plaas in die rigting van Nakop boer, het ook daar die skudding gevoel.

Lizette van der Merwe van Louisvale, sowat 20 km buite Upington en sowat 120 km vanaf Augrabies, sê haar huis se ruite het gebewe.

Geen data is in dié stadium bekend oor die huidige skudding nie en nog geen naskokke is gerapporteer nie.

Patrick Williams, woordvoerder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit, sê die rampbestuurafdeling van die munisipaliteit is op ’n gereedheidsgrondslag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!