Sterns-juweeldief u2019n u2018kenneru2019
Sterns-juweeldief u2019n u2018kenneru2019

Sterns-juweeldief ’n ‘kenner’

’n Vermeende juweeldief is binne 48 uur – oor ’n afstand van 700 km, vasgetrek nadat hy 'n waardevolle leidraad vir die polisie agtergelaat het.
Elvira Hattingh
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Handgeskrewe notas wat deur ’n juweeldief agtergelaat is nadat hy glo by Sterns-juweliers in Windhoek se Grove-inkoopsentrum ingebreek het, het gehelp dat die polisie hom gister kon vastrek.

Polisiebeamptes het teen gistermiddag altesaam 232 horlosies, 225 trouringe, 35 hangertjies, asook kluissleutels teruggevind.

Die 35-jarige verdagte, wat nie geïdentifiseer kan word voordat hy in die hof verskyn nie, het glo notas in Sterns agtergelaat om die bestuurder en werknemers in kennis te stel dat hy nie enige geweld tydens sy misdaad gebruik het nie.

Hy het werknemers ook aangeraai om nie skuldig te voel nie en die winkel, ná sy besoek, skoon te maak. Hulle moet voorts ook ’n beter sekuriteitstelsel installeer, meen hy.

Die Oshana-polisie meen die verdagte is ’n kenner. Hy is Maandag by sy ma se huis in die King Kauluma-nedersetting in die Oshikotostreek in hegtenis geneem nadat hy sowat 700 km ver – ná die beweerde inbraak, gereis het. Hy is binne 48 uur gevang.

Sy ma, wat ook ’n polisiebeampte was, was glo nie tuis tydens sy inhegtenisname nie.

Speurinsp. Haingura Meinolf sê die polisie het leidrade uit sy handskrif verkry. Die verdagte het glo ’n soortgelyke misdaad in Junie vanjaar gepleeg en by Sterns in die Oshana-inkoopsentrum op Ongwediva ingebreek.

Tydens dié misdaad het hy glo nie enige notas gelos nie, maar Meinolf sê hy het dieselde modus operandi gebruik. Die polisie het die verdagte opgespoor ná daar vasgestel is die handskrif in die onlangse notas is dieselfde as op die polisielêer wat geopen is tydens sy inhegtenisname in Junie.

Hy is intussen op borgtog vrygelaat.

Meinolf sê die verdagte het Saterdagnag toegang deur die dak tot die Sterns-winkel verkry, die alarmstelsel gedeaktiveer en ’n sleutel gebruik om die kluis oop te maak. Al die waardevolle juwele was in die kluis toegesluit. Hy het al die winkel se voorraad gevat.

Meinolf sê die verdagte het toe noord gereis en Sondagaand sy eindbestemming bereik. Die polisie moet nog vasstel hoe hy uit Windhoek gereis het.

“Ons moes hom vroegoggend in hegtenis neem, want hy is gevaarlik. Hy is ’n kenner en hy werk alleen. Hy is ’n jaar gelede vrygelaat nadat hy by American Swiss in die Wernhil-inkoopsentrum ingebreek het.

“Hy is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis en is vrygelaat ná hy sy vonnis uitgedien het.

“Miskien werk ons rehabilitasieproses nie omdat die polisie ’n toename in herhaalde oortredings sien,” sê Meinolf.

Hy het die geleentheid gebruik om rowers te waarsku die polisie is waaksaam aangesien die feesseisoen naby is en hulle ook probeer om ’n groter teenwoordigheid te handhaaf.

“Rowers moet weet dat ons nie slaap nie, ons werk 24 uur per dag. Dit sal in trane vir hulle eindig,” het Meinolf gesê.

Meinolf kon nie sê wat die waarde van al die gesteelde items was nie omdat die polisieondersoek nog voortduur.

Die verdagte is Windhoek toe gestuur waar hy formeel aangekla sal word en later vandeesweek in die Katutura-landdroshof sal verskyn. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!