Stoinis se honderdtal nie genoeg vir oorwinning
Stoinis se honderdtal nie genoeg vir oorwinning

Stoinis se honderdtal nie genoeg vir oorwinning

Krieket
Andrew Poolman
Marcus Stoinis het sy eerste honderdtal vir Australië aangeteken, maar dit was nie genoeg om sy span gister oor die wenstreep teen Nieu-Seeland by Eden Park te kry nie.

Stoinis, wat ook drie paaltjies in die Swartpette se kolfbeurt van 286/9 geneem het, het Australië van 54/5 tot bitter naby aan 'n oorwinning gekolf.

Stoinis (27), wat maar in sy tweede eendagwedstryd gespeel het, het aan die einde van die beurt 31 lopies van net elf balle aangeteken om sy span binne trefafstand van 'n oorwinning te plaas.

Stoinis se oorheersing van die kolfbeurt was van so 'n aard dat hy en Josh Hazlewood, die laaste kolwer, 'n vennootskap van 54 lopies gehad het sonder dat 'n enkele bal na Hazlewood geboul is.

Hazlewood is egter met die laaste bal van die 47ste boulbeurt uitgeloop, wat Australië met 'n totaal van 280, ses lopies kort van die wenteiken, gelaat het.

Stoinis is op 146 onoorwonne lopies gestrand gelaat, nadat hy nege viere en 11 sesse geslaan het.

Australië was reeds sonder David Warner, Usman Khawaja en die kaptein Steve Smith vir die kragmeting en moes toe sonder die instaan-kaptein Matthew Wade klaarkom wat tydens die opwarming beseer is.

Die Swartpette het 'n merkbare verbetering in hul boul- en veldwerk getoon en het die toerspan van meet af aan onder druk geplaas.

Nieu-Seeland se kolfbeurt is deur Neil Broom se 73 en Martin Guptill se 61 geanker.

Die volgende wedstryde in die reeks sal op 2 Februarie in Napier en 5 Februarie in Hamilton beslis word.

– Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!