Stomapasiu00ebnte in Windhoek byeen
Stomapasiu00ebnte in Windhoek byeen

Stomapasiënte in Windhoek byeen

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), die Kankervereniging van Namibië (CAN), Cura Care Verpleegdienste en verwante verpleegsters bied Saterdag die tweede ondersteuningsdag vir stomapasiënte en hul versorgers in Windhoek aan.

Die dag val saam met Wêreld- Ostomiedag wat op die rehabilitasie van stomapasiënte wêreldwyd fokus.

Dit begin om 09:00 in Windhoek Sentrale Hospitaal se kapel.

’n Stoma of ostomie is ’n chirurgiese opening wat om verskeie mediese redes deur ’n dokter in die buik of maag gemaak word.

Dit help met die deurgang van afvalstowwe soos ontlasting of urine om in ’n sakkie te versamel wat, oor die stoma gedra word.

Verskillende stomas sluit dié vir ’n kolostomie, ileostomie of urostomie in.

Vir meer inligting, kontak Brigitte by 081 148 6747.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!