Stonehouse onttrek hom aan Bulle-wedloop
Stonehouse onttrek hom aan Bulle-wedloop

Stonehouse onttrek hom aan Bulle-wedloop

Rugby
Marnus Kok

Jimmy Stonehouse, die Pumas se direkteur van rugby, het hom aan die wedloop onttrek om die Bulle se nuwe breier te word.

Die 54-jarige Stonehouse was een van die kandidate wat genoem is om die leisels by John Mitchell as die Bulle se hoofafrigter oor te neem. Mitchell het reeds die Bulle verlaat en is nou by Engeland se nasionale span as verdedigingsafrigter betrokke.

Stonehouse sê in ’n verklaring van die Pumas “die besluitloosheid, onsekerheid oor die afrigtingstruktuur en die tydsverloop van die aanstelling het ’n groot invloed op my besluit (gehad)”.

“Ek verstaan dat die Bulle moet raakvat met die aanstelling van ’n volgende afrigter. As ek die media reg vertolk, blyk dit dat dinge reeds in plek is met ’n afrigter om die Superrugby-span te lei,” sê Stonehouse.

“Hoewel ek enige tyd beskikbaar sou wees vir die pos, kan ek nie my brood aan albei kante gebotter wil hê nie. Ek skaar my dus by die Pumas en hulle toekoms.”

Stonehouse, wat die Pumas van 2008 tot 2015 afgerig en daarna ’n draai in Japan by Toshiba Brave Lupus gemaak het, het vroeër vanjaar na Mbombela teruggekeer.

Toe Brent Janse van Rensburg ’n week voor die aanvang van die Curriebeker-reeks as afrigter bedank het, het Stonehouse die Laevelders se afrigting oorgeneem.

Die Pumas het twee van hulle ses Curriebeker-wedstryde vanjaar gewen en vyfde in die reeks geëindig.

Daar is vroeër ook deur Netwerk24 berig dat ’n advieskomitee, bestaande uit Rassie Erasmus (Bok-afrigter), Blikkies Groenewald (voorsitter van die Blou Bulle se afrigtersvereniging), Barend van Graan (die Blou Bulle Maatskappy se uitvoerende hoof) en Alan Zondagh (’n voormalige WP-afrigter), ’n mandaat gegee is om ’n nuwe Superrugby-breier vir die Bulle te vind.

Dié advieskomitee sal vandeesweek reeds met sy soektog vir ’n geskikte kandidaat begin, het Cobus Claassen berig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!