Straatkinders in Gobabis gerehabiliteer
Dertien kinders wat in Gobabis op straat oorleef, is Vrydag na die plaas Du Plessis geneem om met ’n drie maande rehabilitasieprogram te begin.
Die program, gelei deur die Omaheke-streekafdeling vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, saam met die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, is ’n vennootskap om beste praktyke vir die versorging, rehabilitasie en herintegrasie van straatkinders toe te pas.
Tydens die program sal maatskaplike werkers van die streekdirektoraat van gesondheid en maatskaplike dienste asook die direktoraat van geslagsgelykheid individuele psigo-sosiale sessies met die kinders hê.
Me. Cynthia Muna, ’n maatskaplike werker, het gesê gedurende die landwye inperkingstydperk in Maart is 41 kinders deur haar afdeling van geslagsgelykheid, armoedebekamping en maatskaplike welsyn van die state af gehaal.
Die kinders is by die Vrouesentrum in Gobabis geakkommodeer en van maaltye voorsien. Hulle en hul voogde het berading ontvang voordat hulle in April terug by hul familie geplaas is. Van die groep het net 25 by die huis gebly terwyl die res weer terug op straat is.
“Dié wat weer terug op straat is, is al lank straatkinders en is dus aan die straatlewe gewoond,” het sy gesê.
Sy sê 95% van die straatkinders in die streek is van huis afkomstig waar hulle verwaarlosing en mishandeling ervaar het en het in die meeste gevalle baie arm grootgeword. Gevolglik wend hulle hulself tot die straat en bedel vir kos en geld.
Muna sê gedurende die rehabilitasieprogram het hulle traumaberading, gedragsopleiding en opleiding vir sosiale vaardighede ontvang, sowel as blootstelling aan landbou- en fisieke aktiwiteite.
“Ons wil hê hierdie program moet ’n blywende impak op die kinders hê. Daar moet ’n verandering in hul gedrag wees,” het sy gesê.
Die program is ’n gesamentlike poging van die ministeries en streeksowerhede, geloofsgebaseerde organisasies en private organisasies.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie