Strzelecki-saak: Beskuldigdes bly in aanhouding

Adolf Kaure
Adolf Kaure – Die mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die egpaar mnr. Siegfried en me. Rosvietha Strzelecki vermoor het, bly in aanhouding by die Swakopmund-polisiekantoor.

Hulle het gister ’n derde hofverskyning in die Swakopmund- landdroshof gemaak het.

Die vermeende aanvallers, Daniel Stefanus (26), Simon Jerobeam (23) en Fabian Lazarus (24), het na bewering op 2 Augustus Rosvietha se kop teen ’n muur geslaan en haar in die egpaar se huis in die Vineta-woonbuurt op Swakopmund verwurg. Siegfried, wat ook daardie aand aangerand is, het ’n paar weke daarna gesterf.

Regspraktisyn Lucia Haufiku, wat namens Stefanus en Lazarus opgetree het, het tydens die verhoor gesê dat sy weens ’n konflik van belange as Stefanus se regsverteenwoordiger gaan onttrek.

Jerobeam word deur prokureur Susan Hinda verteenwoordig.

Haufiku het landdros Nelao Paul Brown versoek om ’n hofdatum vir ’n formele borgtogaansoek vir Lazarus te verskaf.

Landdros Brown het verduidelik dat ’n datum op al drie verdagtes van toepassing sal wees. “Dit is nie ons taak om borgtog te weerhou of te vertraag nie, maar dit is net regverdig teenoor die beskuldigdes en die hof indien ’n datum vir die borgtogaansoek vasgestel word wat al die beskuldigde persone sal pas.”

Gedurende die tweede hofverskyning, op 26 September vanjaar, het die staat, verteenwoordig deur mnr. Dalon Quickfall, die toestaan van borgtog aan die drie beskuldigdes teengestaan.

“Daar is ’n duidelike openbare protes teen sulke gruwelike misdade, en as gevolg van openbare belangstelling en die feit dat verdere ondersoeke nog uitgevoer moet word, maak ons beswaar teen die toestaan van borgtog,” het hy gesê.

Die polisie se misdaadkoördineerder van die Erongostreek, adjunk-kommissaris Erastus Iikuyu, sê die motivering vir die aanval was die paartjie se besittings.

“Die gemaskerde mans het Siegfried Strzelecki met messe gedreig en geld geëis. Hulle het probeer om die kluis oop te maak met ’n sleutel wat reeds vir ’n geruime tyd vermis was, maar die egpaar het die slot vervang.

“Hulle het die slagoffer aangerand en hom met toue vasgebind. Die mans het die sleutel in die kluis gelos, na die sitkamer gegaan, ’n Huawei-selfoon ter waarde van N$8 000, die afstandbeheerkontrole van die huis, die oorledene se sandale en N$1 000 gesteel, en weggehardloop,” het Iikuyu gesê.

Die hoofverdagte, Stefanus, is in hegtenis geneem terwyl hy besig was om uit die dorp te vlug. Al die gesteelde goedere is in sy besit gevind.

Die tweede verdagte, Jerobeam, is op 3 Augustus by ’n huis in die DRC informele nedersetting naby Mondesa in hegtenis geneem. Lazarus was die laaste verdagte wat vasgetrek is.

Hul saak is tot 30 April 2018 uitgestel vir die afhandel van die polisie se ondersoek, om vir Stefanus ’n regsverteenwoordiger te bekom en ’n datum vir ’n formele borgtogaansoek vas te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!