Student sterf in koeëlreën
Die opposisie sê 'skaamtelose dade' is wat ons land terughou en sy toekomsontwikkeling kan laat ontspoor.
Tanja Bause
'n Student aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) is Woensdag in 'n padwoedevoorval in Windhoek doodgeskiet.
'n Argument tussen twee bestuurders het na bewering na die tragiese voorval gelei.
Dit het om 01:45 by die vierrigtingstop in Hans Dietrich Genscherstraat in Khomasdal plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie het die bestuurder van 'n Polo-voertuig die bestuurder van 'n taxi daarvan beskuldig dat hy onverskillig ry.
“'n Argument het glo tussen die bestuurder van die taxi en die bestuurder van die Polo ontstaan. Die bestuurder van die Polo het na bewering 'n wapen uitgeruk en op die taxi en sy passasiers begin skiet.
“Hy het toe van die toneel gevlug en word nog deur die polisie gesoek,” het insp. Pendukeni Haikali, woordvoerder van die Namibiese polisie, gesê.
Die oorledene, mnr. Nayman Amakali, sy broer en die taxibestuurder is in die voorval gewond.
Amakali het in die Katutura-staatshospitaal aan sy beserings beswyk.
Die ander twee slagoffers (24 en 25) is met beserings in dié hospitaal opgeneem.
Die taxibestuurder is intussen ontslaan.
Sowat 11 skote is glo op die taxi gevuur.
Nust se studenteraad het intussen hul skok en meegevoel op sosiale media uitgespreek.
Die Popular Democratic Movement (PDM) het gister 'n verklaring uitgereik waarin hulle 'n beroep op die gemeenskap doen om die polisie in hul ondersoek te ondersteun sodat die verdagte in hegtenis geneem kan word.
“Die PDM betreur die dood van die jong man, 'n toegewyde student, 'n toekomstige professionele individu met 'n groot kans op 'n blink en produktiewe toekoms. Hierdie skaamtelose dade is wat ons land terughou en sy toekomsontwikkeling kan laat ontspoor,” het me. Jennifer van der Heever van die PDM gesê.
“Die PDM veroordeel dade van hierdie aard, aangesien dit die lewensbestaan en die veiligheid van ons mense in gevaar stel. Ons doen 'n beroep op alle Namibiërs om te verhoed dat hulle betrokke is by hierdie hartelose, barbaarse dade wat teen hul medemens gepleeg word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie