Studente koop kos, deel uit
Tanja Bause – Twee studente van die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST), hul familie en vriende het verlede naweek aan minderbevoorregte kinders in die Vyfrandkamp- informele nedersetting van Okahandja kos gegee.
Me. Angelique Fischer van Angelic Events en mnr. Winslau Samaria van Born to Change was die dryfkrag agter die projek. Hulle het die kos ook uit hul eie sak aangekoop.
“Angelique se familie en vriende het vroeg Sondagoggend bymekaargekom en begin kook. Ons het die kos Vyfrandkamp toe gevat en aan sowat 50 kinders uitgedeel,” het mnr. Jazine Fischer, 'n vrywillige helper, gesê.
Hulle het ook maskers uitgedeel en elke kind se hande is gewas voordat hulle die kos ontvang het.
“Ons sal dit graag weer wil doen, want die nood daar is baie groot, maar ons kan dit nie sommer gou weer uit ons eie sak bekostig nie. Daar was baie mense wat kos en skenkings belowe het, maar ons wag nog om dit te ontvang. Ons het net besluit ons kan nie langer wag nie en het voortgegaan, want die mense is nou honger,” het Fischer gesê.
Angelic Events is 'n besigheid wat geleenthede beplan.
PLOEG TERUG IN GEMEENSKAP
“Ons doel is om aan 'n kliënt se buitengewone idees lewe te gee en waar te laat word. Ons kan enige geleentheid beplan en 'n sukses daarvan maak,” het Angelique Fischer gesê.
Born to Change is 'n vereniging wat op vrywillige grondslag ondersteun word in hul doel om op verskillende maniere in die gemeenskap terug te ploeg. “Ons wil teruggee; ons wil die jeug in leiers help ontwikkel en ons bejaardes waardig laat voel,” het Samaria gesê.
Die jongmense is van plan om weer kos en maskers in die nabye toekoms te gaan uitdeel. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie