Suiker: Invoer en koste wurg SA boere
Openbare sittings gaan gehou word oor die instelling van 'n invoertarief op suikerinvoere na Suid-Afrika om boere te beskerm.
Francois Williams - Die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) in Suid-Afrika oorweeg 'n hoër invoertarief op suiker om veral kleinskaalse swart suikerboere te beskerm.
Uit 'n voorlegging verlede week van Meluleki Nzimande, hoofkommissaris van Itac, aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid, blyk dit Itac hou later vandeesmaand openbare sittings oor die moontlike aanpassing in die invoertarief.
Die kommissie se aanbeveling sal aan die minister van handel en nywerheid gestuur word vir goedkeuring, en indien wel sal die minister van finansies gevra word om dit as wysiging van die wet op doeane en aksyns in die Staatskoerant te publiseer.
Suid-Afrika en Swaziland se suikerproduksie het van 2014 tot 2017 met 9,7% gedaal, met veral Suid-Afrikaanse produsente se produksie wat gemiddeld met 12,7% geval het.
Plaaslike suikerboere ly sedert die 2015-seisoen al verliese, hoewel die verliese sedertdien weer aansienlik afgeneem het.
PRODUKSIEKOSTE
Volgens Nzimande het die produksiekoste per ton gestyg weens duurder arbeid en insetkoste.
Intussen het suikerinvoer in 2016 met 32% gedaal, maar in 2017 weer skerp met 253% opgeskiet tot 'n driejaarhoogtepunt.
In die afgelope twee seisoene het die invoer van tariefvrye suiker van Swaziland onderskeidelik met 45% en 40% van totale invoer bedra, sê Nzimande.
Suikervolumes van Brasilië en die Verenigde Arabiese Emirate was ook hoog.
Probleme vir die plaaslike suikerbedryf benewens die volgehoue invloei van suiker uit die buiteland is volgens Nzimande die huidige wisselende invoertarief wat nie genoeg beskerming aan plaaslike boere bied nie, die gesondheidsbevorderingheffing (suikerbelasting), die langtermyntendens van stygende insetkoste en stagnerende opbrengs, die erge droogte en dalende aantal kleinskaalse suikerrietkwekers.
Die klein suikerboere het ook spesifieke uitdagings wat betref die grootte van hul bedrywighede, die gehalte van hul grond, hul afstand van die naaste suikermeule, en dat hulle op gemeenskaplike stamgrond boer pleks van op hul private eiendom. Dit maak hul produksiekoste veel hoër as die gemiddelde kommersiële boer.
Verder het ander lande toegang tot alternatiewe markte vir suiker soos die etanolmark, wat nog nie in Suid-Afrika op dreef gekom het nie, sê Nzimande. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie