• Tuisblad
  • Sake
  • Suiker: SA se aptyt was 35 jaar so laag soos nou
Suiker: SA se aptyt was 35 jaar so laag soos nou
Suiker: SA se aptyt was 35 jaar so laag soos nou

Suiker: SA se aptyt was 35 jaar so laag soos nou

Liesl Peyper – Die vraag na suiker in Suider-Afrika is die laagste wat dit in 35 jaar was.

Rex Talmage, nuutverkose voorsitter van die SA Vereniging van Suikerrietverbouers, skryf dit grootliks toe aan die suikerbelasting op koeldranke, wat die vraag na verfynde suiker drasties laat daal het. Vervaardigers soos Coca-Cola gebruik nou in byna al hul gaskoeldranke versoeters om suikerbelasting te vermy.

Boonop het ’n stortvloed goedkoop suiker van Eswatini (Swaziland) verdere probleme vir Suid-Afrikaanse boere veroorsaak, het hy gesê op die 92ste jaarvergadering van die vereniging wat in die afgelope week in Kaapstad gehou is. Eswatini hef nie suikerbelasting nie en betaal ook nie uitvoertariewe nie omdat hy deel is van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu).

Die vereniging sê plaaslike suikerrietboere se netto opbrengs het met 6% gedaal, vanaf R9,1 miljard in 2017-’18 tot R8,5 miljard in 2018-’19.

Daar word geraam dat Eswatini in 2019-’20 nagenoeg 743 000 ton suiker sal produseer, waarvan die meeste op die Suid-Afrikaanse mark sal beland, sonder dat enige uitvoertariewe daarop gehef sal word.

Hoewel kommersiële verbouers swaar getref is hierdeur, het dit ’n veel erger uitwerking op die sowat 20 000 kleinskaalse suikerrietverbouers wat heeltemal aangewese is op die opbrengs uit hul gewasse vir ’n bestaan. Bedryfskenners meen minstens 600 000 ton Suid-Afrikaanse suiker is in 2018-’19 teen rekordlae pryse uitgevoer na internasionale markte, wat reeds ’n ooraanbod van suiker het.

Die plaaslike suikerbedryf het in 2018 die departement van handel en nywerheid probeer bearbei om die dollargegronde invoertarief vir suiker van $566 tot $856 per ton te verhoog. Dit is egter op $680 per ton vasgestel, wat nie naastenby voldoende is om die bedryf te beskerm teen die vlaag van goedkoop suikerinvoer nie.

Die verbouersvereniging het reeds ’n vergadering met Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, aangevra om ’n reddingsplan vir die suikerbedryf voor te lê.

“Ons wil ’n volhoubare reddingsplan ontwikkel wat diversifisering insluit, soos byvoorbeeld die opwekking van hernubare energie,” sê Talmage. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!