Suiwering van water hervat
Suiwering van water hervat

Suiwering van water hervat

Die Gammams-aanleg se water word as tydelike voorsorgmaatreël eers na die Otjomuise-aanleg geneem.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Watersuiweringswerk by die Windhoek-munisipaliteit se Gammams-aanleg is op Donderdag 22 Februarie hervat voordat die aanleg die volgende dag in volle werking gestel is.

Die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het aan Republikein gesê tot tyd en wyl bevestig kan word dat alle olie uit die aanleg gespoel is, word Gammams se behandelde water eers na die Otjomuise-aanleg geneem.

“Dit dien as ‘n voorsorgmaatreël.

“Intussen word monsters ook daagliks van behandelde water in Gammams se damme geneem.

“Sodra die water se gehalte weer ‘normaal’ is – of vlakke bereik wat aanvaarbaar vir die Nuwe Goreangab Waterherwinningsaanleg (WinCog) is - sal laasgenoemde aanleg weer aangeskakel word,” het Amutenya gesê.

Die munisipaliteit se WinCog-aanleg is verantwoordelik vir die suiwering en lewering van drinkwater vir die stad en dit word deur Gammams van gedeeltelik gesuiwerde water voorsien.

Dit lewer sowat 18 000 m³ drinkwater vanuit rioolwater per dag aan Windhoekers. Terwyl die stad se watersuiweringsprosesse nie kon werk nie, moes NamWater hierdie water daagliks op bykomende wyse aan Windhoek verskaf.

Dit volg nadat sowat 6 000 liter swaar brandstofolie by Namibia Dairies se Avis-aanleg op Sondag 3 Februarie in Windhoek se rioolstelsel gestort is en alle watersuiweringwerk in die stad vir langer as twee weke gestaak moes word.

Beide die Nuwe Goreangab Waterherwinningsaanleg en die Gammams-aanleg moes noodgedwonge afgeskakel word om die biologiese prosesse te beskerm wat in die suiweringsproses gebruik word.

Die gevolg was dat tussen 24 000 en 27 000 m³ onbehandelde en oliebesmette rioolwater die Goreangabdam daagliks binnegevloei het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!