Supermarkgroep 'misken' werkers se regte
Supermarkgroep 'misken' werkers se regte

Supermarkgroep 'misken' werkers se regte

Die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Geregtigheid eis dat Shoprite alle dissiplinêre klagte teen sy werkers laat vaar.
Augetto Graig
Augetto Graig – Dissiplinêre aksie-verhore van meer as 100 Shoprite-werkers duur dié week in Windhoek voort.

Die geskil tussen die Suid-Afrikaanse kleinhandelgroep en die Namibië Kommersiële Spyseniering-, Voedsel- en Verwante Werkersunie (NACCAFWU) het reeds 176 werkers in Dundu en Gobabis hul poste gekos.

Terselfdertyd het die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Beregtiging 'n verdoemende verklaring oor werkers se omstandighede by Shoprite uitgereik.

Die verklaring bevraagteken onder meer waarom verbruikersmaatskappye wat die regte van werkers vertrap, ondersteun moet word.

Mnr. Herbert Jauch, voorsitter van die trust en kenner op die gebied van arbeid in Namibië, beskuldig die Suid-Afrikaanse kleinhandelgroep in die verklaring daarvan dat werkers se regte by Shoprite Namibië misken word.

Jauch sê Shoprite maak gebruik van permanente deeltydse werkers wat minder betaal word vir dieselfde werk as permanente werkers.

Shoprite se bestuur sê alle handelaars het deeltydse werkers omdat daar in skofte gewerk moet word. Die winkelbestuur sê hulle huur nie arbeid nie.

Volgens Jauch het Shoprite geen prosedure vir interne griewe nie.

Dit laat volgens hom ruimte vir die uitreik van waarskuwings en aftrekkings op ’n chaotiese en arbitrêre manier.

Shoprite Namibië se topbestuur ontken dit egter.

“Ons beskik oor ’n dissiplinêre kode en al die betrokke dokumente,” het ’n anonieme Shoprite-bestuurder aan Republikein gesê.

Volgens dié bron kan ’n organisasie van 4 300 personeellede in 111 winkels dwarsoor Namibië nie daarsonder nie.

Jauch sê besluite word in Suid-Afrika geneem en boonop voldoen Shoprite Namibië nie aan die vereistes van Namibië se arbeidswet nie.

“Die bestuur behandel werkers dikwels swak. Hulle word soms voor kliënte beledig en nie bevorder nie. Met geen grieweproses kan die werknemers hierdie griewe nie aanspreek nie,” sê Jauch.

Die anonieme Shoprite-bestuurder is oortuig daarvan dat die kern van die kwessie oor erkenning gaan.

NACCAFWU probeer sedert 2013 erkenning te kry as die Shoprite-werkers se verteenwoordigende vakbond, maar kon nog nooit bewys hul lede bestaan uit 50% plus een van die werknemers nie.

Volgens die bron het die vakbond geweier om lede te laat baat by die 2015-verhoging van gemiddeld 9,5%. Dit ná die eerste onwettige staking in Desember 2014.

Jauch beweer: “Die maatskappy het ook loonvoorstelle wat deur werkers en hul vakbonde ingedien is, geïgnoreer, en het besluit om hul eie lone en voordele te bepaal. Shoprite het werkers se eise vir vervoer- en behuisingtoelaes, mediese hulp en pryse vir jare lange dienslewering geïgnoreer. In 2014 het Shoprite so ver gegaan dat verhogings slegs toegestaan is aan werkers wat nie lede van 'n sekere vakbond was nie. Werkers is aangesê om uit die vakbond te bedank in ruil vir 'n verhoging."

Die tweede onwettige staking in Julie 2015 het gelei tot dissiplinêre verhore van werknemers wat reeds finale geskrewe waarskuwings gekry het en weer deelgeneem het.

Dié 107 werkers is aangekla en het hul eie prokureur aangestel, waarna die prosedure in September 2015 ’n aanvang geneem het.

Volgens Shoprite se bestuur was Shoprite se getuienis teen 6 Julie verlede jaar afgehandel, maar die vakbond se vereiste dat elke werker moet getuig, rek die proses nog verder uit.

Jaunch sê voorts: “Wat die stakings in 2014 en 2015 betref, is dit belangrik om aan te dui dat dit ’n direkte gevolg van Shoprite se onbillike en diskriminerende arbeidspraktyke was. Die werkers wat nou dissiplinêr verhoor word, verdien ons volle steun in hul stryd om hul werk te behou."

Volgens Jauch speel Shoprite drie vakbonde teen mekaar af om almal langs die kantlyn te hou.

NAFAU en die NWRWU het ook lede wat by Shoprite werk.

Volgens Jauch verdien Shoprite se werkers baie min en was die 2015-verhogings net genoeg om hulle arm te hou.

Werkers wat tussen N$1 530 en N$1 710 verdien, het 'n verhoging van tussen N$190 en N$206 ontvang.

Die permanente deeltydse werkers het selfs minder ontvang.

Hulle is weekliks tussen N$345 en N$462 betaal en het 'n bykomende N$27 tot N$37 gekry.

Heelparty Shoprite-werkers se vergoeding was glo minder as N$2 000 per maand.

“Die gemiddelde werker by Shoprite verdien steeds ongeveer N$2 500 per maand of minder,” sê Jauch.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!