Swaar gewigte besorg Namibiërs medaljes
Kragoptel
Andrew Poolman - Hul goeie prestasies by die Afrika-kampioenskap op Potchefstroom vroeër vandeesmaand dien vir Namibië se kragoptellers as 'n aansporing om ook die volgende vlak te klim.
Marius Johannes van Tsumeb het die goue medalje in sy kategorie (meesters tot 105 kilogram) verower met sy totaal van 669 kg in die drie items waaruit kragoptel bestaan – bankstoot (“bench press”), dooiegewigoptel en hurk (“squat”).
Sy vrou Eva Raquel Johannes het die goue medalje in haar enigste item, die bankstoot, met 72 kg in die ope klas vir vroue met 'n liggaamsgewig van minder as 84 kg, behaal.
Nikodemus Nikanor (mans ope, 74 kg) se totaal van 470 kg was goed genoeg vir 'n silwermedalje, terwyl die junior meisie Elmoné Rhode ook 'n silwer in haar kategorie (tot 74 kg) behaal het deur 277.5 kilogram te hanteer.
“Die beoordelaars was baie tegnies en het soms fout gevind met pogings wat op die oog af geldig sou wees,” sê Johannes. Hy wys daarop dat Namibiese kragoptellers nie meeding in die afdeling waarin spesiale duur kleredrag ook kan meehelp om swaarder gewigte te lig nie.
Twaalf lande het op Potchefstroom aan die kampioenskap vir die Afrika- en Arabiese lande deelgeneem, naamlik Algerië, Egipte, Ghana, Iran, Ivoorkus, Kameroen, Libië, Marokko, Namibië, Somalië, Suid-Afrika en Zimbabwe.
“Die lande met die meeste en sterkste kragoptellers was Algerië, Marokko, Egipte en Suid-Afrika,” vertel Johannes.
Volgens hom kwalifiseer geen Namibiese kragoptellers om volgende jaar aan die wêreldkampioenskap in Kanada te gaan deelneem nie, maar word die visiere ingestel om by die 2020 Afrika-kampioenskap, moontlik in Ghana, totale op te stel wat respek in die sport afdwing.
“Namibië het ook 'n voorstel ingedien om die Afrika-kampioenskap volgende jaar aan te bied, maar daar is baie tegniese vereistes en byvoorbeeld toerusting soos rekenaargedrewe kameras wat ons sal moet invoer. As daar borge is wat belang stel om dit moontlik te maak, kan hulle my gerus skakel.”
Die 2021 wêreldkampioenskap in Sun City is 'n groot, maar realistiese mikpunt vir sommige Namibiërs, sê hy.
“Ons sport groei veral onder vroue, waar dit nogal nodig is. Wêreldwyd begin die getal vrouedeelnemers selfs die mans verbysteek.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie