Swangerskap en eienaardige eetgewoontes
Tanja Bause – Die anderdag kuier ek by Lizelle oor middagete. Ons maak onsself tuis in die kombuis en so ook haar kollega Monica. Toe begin die moeilikheid; ons moet besluit wat ons vir middagete wil eet.
“Wat van ’n piesang-en-mayonnaise-broodjie?” vra Lizelle. “Nee, ek het dit vanoggend geëet,” antwoord Monica.
“Oukei, wat van kaas en sandwich spread?” “Nee,” antwoord Monica, want sy het dit ook al vanoggend vir ontbyt geëet.
Ek is verstom oor hoeveel die klein vrou in ’n oggend eet en vra versigtig wat sy nog alles daai oggend geëet het?
Laggend word daar vir my vertel dat sy vir twee moet eet en glo nie skroom om te eet nie.
Ek kan dit verstaan want immers groei daar iemand binne jou wat ook kos nodig het. Ek verstom myself net aan sommige van die snaakse kombinasies of die skielike eienaardige cravings.
Mandy vertel sy was lus vir pofadder tydens haar swangerskap. Sy het die hele week haarself ingehou, maar op ’n Vrydag het sy na die slaghuis in Khomasdal gery en vir haar pofadder gaan koop.
“Wanneer my man, Derrick, by die huis gekom het, was die pofadder reeds in die oond, besig om te braai en hy het altyd gesê ‘Ag nee, is dit al weer sulke tyd?’ Ek kon nie anders nie, ek mos dit net elke week eet.”
Lemoene was ook op haar spyskaart met haar eerste kind en sy het so veel lemoene geëet dat haar seun met ’n veluitslag gebore is.
“Die dokter het gesê dit is van te veel suur. Dit was my eerste kind en ek was maar onkundig.”
Christel vertel weer dat suurlemoene haar ondergang was toe sy swanger was met haar dogter. Sy het vyf op ’n dag met skil en al verslind.
“Ek sou nog baie meer kon eet as my ma my nie gekeer het nie.”
Henriette het weer vrugteslaai en kersietamaties geëet. Wanneer sy by die groentewinkel in Swakopmund ingestap het, het die werkers al vir haar geroep en vir haar die bak met vrugteslaai en met kersietamaties reg gehad.
“Ek het begin kwyl wanneer ek in die winkel gestap het; so lus was ek vir die tamaties. Die tamaties het my verskriklik sooibrand gegee, maar ek kon nie ophou eet nie. Dit is seker ook hoekom my dogter vandag rooi hare het.”
Mandy eet nog steeds haar pofadder alhoewel nie meer elke Vrydag nie, Christel eet deesdae steeds suurlemoene, maar wel sonder die skil en Henriette, wel sy het nooit voor haar swangerskap of na die tyd weer haar mond aan ’n tamatie gesit nie.
So het elke swanger vrou haar eie storie. Ek weet van vroue wat nie swanger is nie, maar steeds baie snaakse kombinasies eet.
So eet die een agurkies nadat sy hulle in grondboontjiebotter gedruk het en die ander een verslind weense worsies met stroop.
Ek hou self van my salami met aarbeikonfyt, maar dit is waar dit stop. Ek hou van lekker kos en lekker eet, maar soos hulle sê, gelukkig verskil smaak.
En Monica? Wel, vir nou moet sy net moeilike middagetebesluite neem. Ek hoop vir haar, Lizelle en al haar ander medewerkers se onthalwe dit hou so aan en dat sy nie miskien lus raak vir byvoorbeeld pofadder nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie