Swapo se partyskool kry momentum

Augetto Graig
Augetto Graig - Swapo se partyskool het Saterdag ’n openbare inligting­sessie gehou waar talle lede van belang­rike partyvleuels hul gedagtes met die raad en leierskap van die instansie gedeel het.
Lede van die party se sentrale komitee, politburo, raad van oudstes, vroueraad en die jeugvleuel het die klein saaltjie volgepak, wat onlangs vir die land se partyskool in Windhoek-Wes opgerig is. Die dinkskrum het onder leiding van me. Hangapo Veicco plaasgevind.
Die rektor van die skool, mnr. Marco Hausiku, het almal teenwoordig herinner aan hul verantwoordelikheid teenoor die skool wat die Swapo-beleid­ en -ideologie aan toekomstige geslagte moet oordra.
Hy het diegene wat voorheen ­party­skole buite die land bygewoon het, aangemoedig om hul ervaringe te deel, veral oor die impak wat die ­opleiding op hul eie lewe, hul deel­name aan gemeenskapsontwikkeling en hul politieke beskouing in die algemeen gehad het. Hy wou hê aspirant­instrukteurs moet hoor wat van hulle verwag word.
Hausiku het gesê: “Dit is nie net nog ’n skool nie. Dit is nie enige gewone skool nie. Dit is ’n eer om hier deel te wees van die vorming van ons programme en ons leerlinge.”
Hy het ook die party se nasionale leier­skap verantwoordelik vir die land se onder­skeie streke uitgesonder en aangemoedig om te werk aan ’n vereenvoudigde uitreikprogram om alle lede te bereik. Hy sê die belangstelling onder lede op voetsoolvlak van die party is hoog en hulle moet ingesluit word. “Ek wil hê ons moet ’n groot aantal lede bereik omdat dit is waar ons stemme vandaan kom,” het hy gesê.
Hausiku het gesê die skool sal ’n twee maande lange openbare ­opvoedkundige veldtog onderneem wat oor twee weke met ’n ­openbare praatjie en die voorstelling van ­dokumente oor die ­verkiesingskriteria vir toekomstige studente, prosedures en beleidsriglyne begin.
“Dié is ’n skool waar ons lede gevorm word en die agtergrond van ons stryd en die geskiedenis van ons mense leer ken. Hier moet hulle kennis opdoen van die stelsel van ons regering en hoe ons finansies, ons internasionale betrekkinge, ons beleid en ooreenkomste werk,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!